Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/97 bl. 1
  • ‘Bou jou huis op’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Bou jou huis op’
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Is daar ’n geheim om gesinsgeluk te geniet?
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Vertel aan ander Die geheim van gesinsgeluk
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Streef Goddelike vrede in die gesinslewe na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Help gesinne om ’n blywende toekoms vir hulle te verseker
    Ons Koninkryksbediening—1997
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 3/97 bl. 1

‘Bou jou huis op’

1 Gesinslewe is sonder twyfel besig om in elke kultuur regoor die wêreld te verbrokkel. Satan se wêreld swelg in bedrog en onsedelikheid (1 Joh. 5:19). Dit beklemtoon hoe dringend dit is dat ons ‘ons huis opbou’ en ander leer hoe hulle dieselfde vir hulle huis kan doen.—Spr. 24:3, 27.

2 Bybelbeginsels is ’n beskerming: Die geheim van ware gesinsgeluk word gevind in die toepassing van Bybelbeginsels. Hierdie kragtige waarhede strek elke lid van die huis in alle opsigte van die lewe tot voordeel. Die gesin wat dit toepas, sal gelukkig wees en sal Goddelike vrede geniet.—Vergelyk Jesaja 32:17, 18.

3 Die beginsels wat ons kan help om ons huis op te bou, word op bondige wyse in die nuwe boek Die geheim van gesinsgeluk uiteengesit. Elke hoofstuk sluit af met ’n nuttige onderrigvenster waarin beginsels beklemtoon word wat gesinslede moet onthou. Die meeste van hierdie vensters begin met die vraag: “Hoe kan hierdie Bybelbeginsels . . . help?” Dit vestig die aandag op God se gedagtes sodat ons sy denke oor die onderwerp onder bespreking kan kry.—Jes. 48:17.

4 Raak vertroud met die boek. Leer om die beginsels te vind wat kan help wanneer verskeie probleme ontstaan. Die boek bespreek sake soos: waarna ’n mens moet soek as jy ’n toekomstige huweliksmaat oorweeg (hoofstuk 2), watter noodsaaklike sleutels die deur tot blywende huweliksgeluk oopsluit (hoofstuk 3), hoe ouers hulle tieners kan grootmaak om verantwoordelike, godvresende volwassenes te wees (hoofstuk 6), hoe om die gesin teen verderflike invloede te beskerm (hoofstuk 8), beginsels om enkelouergesinne te help om welslae te behaal (hoofstuk 9), geestelike hulp vir gesinne wat deur alkoholisme en gesinsgeweld geteister word (hoofstuk 12), wat om te doen wanneer die huwelik dreig om te verbrokkel (hoofstuk 13), wat gedoen kan word om bejaarde ouers te eer (hoofstuk 15) en hoe om ’n blywende toekoms vir ’n mens se gesin te verseker (hoofstuk 16).

5 Maak ten volle gebruik van die nuwe boek: As julle dit nie reeds gedoen het nie, kan julle gerus die Gesinsgeluk-boek as ’n gesin saam begin bestudeer. Wanneer julle gesin ook al voor nuwe probleme en uitdagings te staan kom, kan julle ook die hoofstukke in die boek hersien wat dit bespreek en biddend oorweeg hoe om die raad toe te pas. Reël daarbenewens om gedurende Maart meer tyd aan die veldbediening te bestee sodat jy Die geheim van gesinsgeluk in die hande van soveel mense moontlik kan probeer plaas.

6 Gesinne wat godvrugtige toegewydheid beoefen, sal geestelik versterk en verenig wees en sal goed voorbereid wees om die aanvalle van Satan die hoof te bied (1 Tim. 4:7, 8; 1 Pet. 5:8, 9). Hoe dankbaar is ons tog nie dat ons Goddelike onderrigting van die Insteller van die gesin het nie!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel