Diensvergaderinge vir Februarie
Week wat begin met 2 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Teokratiese nuus. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiens vir Januarie stiptelik te rapporteer. Die sekretaris en boekstudiehouers moet seker maak dat alle laat velddiensrapporte van vorige maande ook ingegee word. Hierdie laat rapporte moet by die gemeente se rapport vir Januarie ingesluit word.
15 min: “Jehovah se Getuies—ware evangeliste.” Vrae en antwoorde. Hersien venster op bladsy 19 in Die Wagtoring van 1 September 1992.
20 min: “Rig ’n uitnodiging aan almal wat dors is.” Hersien artikel en verduidelik hoe die voorgestelde aanbiedings saamgestel is om belangstelling te wek en toehoorders te motiveer. Laat ’n volwassene paragrawe 2-3 of 4-5 en ’n jong persoon paragraaf 6 demonstreer.
Lied 208 en slotgebed.
Week wat begin met 9 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Getuig vir mense van alle tale en godsdienste” (Paragrawe 1-10). Vrae en antwoorde. Meld watter tale deur baie mense in julle gebied gepraat word, en wys watter lektuur die gemeente in daardie tale in voorraad het. Demonstreer hoe ’n mens die boekie Good News for All Nations kan gebruik, soos in paragraaf 10 beskryf word.
Lied 220 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Februarie
5 min: Plaaslike aankondigings.
12 min: Waarom jy gemeentelike vergaderinge moet bywoon. Ouer man bespreek hoofpunte in Die Wagtoring van 15 Augustus 1993, bladsye 8-11, en beklemtoon hoe belangrik dit is om alle vergaderinge gereeld by te woon.
18 min: “Getuig vir mense van alle tale en godsdienste” (Paragrawe 11-28). Vrae en antwoorde. Meld watter nie-Christelike godsdienste daar in julle gebied is. Laat ’n ervare verkondiger demonstreer hoe om ’n aanvanklike getuienis vir iemand te gee wat ’n Boeddhis, Hindoe, Jood of Moslem is—watter groep ook al die algemeenste in julle gebied is.
10 min: “Jehovah is my helper.” Hartlike, bemoedigende toespraak deur ouer man.
Lied 15 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Hersien lektuuraanbod vir Maart. Meld een of twee wenke oor hoe om die Kennis-boek aan te bied deur gebruik te maak van punte in Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996, bladsy 8. Beklemtoon die doelwit om tuisbybelstudies te begin.
15 min: “As dit resultate lewer, gebruik dit!” Vrae en antwoorde. Laat een of twee ervare verkondigers uit die gehoor kortliks kommentaar lewer oor aanbiedings wat hulle gewoonlik gebruik omdat dit eenvoudig is en werk. Laat party dan benaderings meld wat onlangs in Ons Koninkryksbediening voorgestel is en wat doeltreffend was.
20 min: Oefen jou aanbiedings. Kort toespraak gegrond op die Skoolhandleiding, bladsye 98-9, paragrawe 8-9. Beklemtoon hoe belangrik dit is om aanbiedings te ontleed en na maniere te soek om groter welslae te behaal. Laat twee susters demonstreer hoe hulle ontleed wat hulle by ’n deur gesê het en maniere bespreek waarop hulle kan verbeter. Hulle hou ’n kort oefensessie om ’n aanbieding te probeer wat hulle van plan is om volgende keer te gebruik en gee mekaar ’n paar nuttige wenke. Voorsitter moedig almal ten slotte aan om hulle aanbiedings te ontleed en te oefen.
Lied 103 en slotgebed.