Rig ’n uitnodiging aan almal wat dors is
1 Soos voorspel is deur die profeet Amos, het die mensdom nie vandag “’n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor” (Amos 8:11). Ten einde mense in hierdie geestelike dor toestand te help, vertel ons hulle van God se voorsienings om gehoorsame mense van sonde en die dood te bevry, wat in die laaste hoofstuk van Openbaring as “’n rivier van water van die lewe” afgebeeld word. Ons het die voorreg om ’n uitnodiging te rig aan almal wat na regverdigheid dors om “die water van die lewe [te] neem, verniet” (Op. 22:1, 17). Hoe kan ons dit gedurende Februarie doen? Deur die boeke Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! of Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? vir diegene aan te bied wat werklik belangstel. Jy wil dalk hierdie aanbiedings probeer:
2 Aangesien baie mense besorg is oor gesondheidsake, sal jy dalk hierdie benadering doeltreffend vind:
◼ “Baie is besorg oor die stygende koste van goeie gesondheidsorg. Dalk het jy al oor hierdie saak nagedink. [Wag vir ’n antwoord.] Is daar ’n permanente oplossing vir hierdie probleem? [Wag vir ’n antwoord.] Hier is ’n wonderlike vooruitsig.” Lees Openbaring 22:1, 2. Maak dan die Openbaring-boek oop by die prent op bladsye 308-9, en gebruik paragraaf 22 op bladsy 311 om dit te verduidelik. Sê ten slotte: “Hierdie publikasie bespreek elke vers in Openbaring.” Bied die publikasie teen die gewone bydrae aan. Tref reëlings om terug te gaan.
3 Wanneer jy die herbesoek doen, kan jy jou gesprek voortsit deur te sê:
◼ “Toe ek laas hier was, het ons oor ’n permanente oplossing vir gesondheidsprobleme gepraat. Dink jy die tyd sal ooit aanbreek wanneer niemand meer siek sal wees nie? [Wag vir ’n antwoord.] Let op hierdie treffende stelling.” Lees Jesaja 33:24. Maak dan die Vereis-brosjure by Les 5 oop, bespreek paragrawe 5-6, vra die ooreenstemmende vrae aan die begin van die les en slaan ’n paar van die teksverwysings na. Meld dat die verwydering van siekte en die dood deel is van die vervulling van God se oorspronklike voorneme met die aarde. Tref reëlings om terug te gaan en paragrawe 1-4 en 7 van dieselfde les te bespreek.
4 As ’n onlangse nuusberig oor iemand se ontydige dood op almal se lippe is, kan jy hierdie benadering probeer:
◼ “Jy het moontlik gehoor van [meld die nuusberig]. Wanneer lewens op ’n tragiese wyse kortgeknip word, wonder baie hoe hulle die familie van die slagoffers kan troos. Wat dink jy?” Wag vir ’n antwoord. Maak dan die Openbaring-boek op bladsy 299 oop en wys die prent van die opstandingstoneel. Sê dan voorts: “Baie mense is verbaas om te leer dat regverdige en onregverdige mense sal terugkeer tot lewe in die Paradys op aarde. [Lees Handelinge 24:15 soos aangehaal in paragraaf 9 op bladsy 297, en gee dan die verduideliking wat in paragraaf 10 gevind word.] Hierdie boek bespreek baie ander interessante besonderhede oor God se voorneme vir die toekoms. As jy meer hieroor wil leer, kan jy hierdie eksemplaar teen ’n bydrae van R12,00 kry.” Tref reëlings om terug te gaan, en let op waarin die persoon spesifiek belangstel en oor besorg is.
5 Wanneer jy teruggaan, moet jy jou aanbieding by die huisbewoner aanpas. Jy kan miskien sê:
◼ “Toe ons laas gesels het, het ek die kommentaar waardeer wat jy oor God se voorneme met die aarde gemaak het. [Herhaal die kommentaar.] Ek het ’n paar punte gekry wat ek dink jy interessant sal vind.” Maak die Vereis-brosjure by Les 5 oop. Lees en bespreek soveel paragrawe in daardie les as waarby die huisbewoner sy aandag kan bepaal. Nadat julle afgespreek het wanneer jy kan teruggaan om die les voort te sit, kan jy vir die huisbewoner ’n strooibiljet met die gemeente se vergaderingtye gee. Vertel hom van die Openbare Vergadering en nooi hom om dit by te woon.
6 As jy ’n eenvoudiger aanbieding met ’n traktaat verkies, kan jy sê:
◼ “Ek wil graag vir jou hierdie traktaat gee met die titel Watter hoop vir afgestorwe dierbares? Gee dit vir die huisbewoner en nooi hom om daarin te volg terwyl jy die eerste paragraaf lees. Wag vir ’n antwoord op die vraag wat in die laaste sin gevra word. Lees die tweede paragraaf en maak dan die Openbaring-boek oop by die prent op bladsy 299. Gaan voort deur te sê: “Hierdie boek bied meer besonderhede oor die opstanding en die res van die Bybel se wonderlike beloftes vir die toekoms. As jy dit graag wil lees, kan jy hierdie eksemplaar teen ’n bydrae van R12,00 kry.” Tref reëlings om terug te gaan sodat jy die persoon se belangstelling in die waarheid verder kan kweek.
7 As ons ’n uitnodiging aan ander rig wat vir hulle aantreklik is, kan dit hulle na die waters van die lewe laat kom, wat Jehovah nou beskikbaar stel. Laat ons dus aan almal wat dors is, sê: “Kom!”—Op. 22:17.