Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/98 bl. 1
  • “Ten volle toegerus vir elke goeie werk”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ten volle toegerus vir elke goeie werk”
  • Ons Koninkryksbediening—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Gevoed met die woorde van die geloof’
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Bevredig jou geestelike behoefte
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Vergaderinge wat ‘tot liefde en goeie werke aanspoor’
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Bevoordeel jy jouself?
    Ons Koninkryksbediening—2000
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1998
km 6/98 bl. 1

“Ten volle toegerus vir elke goeie werk”

1 Jehovah se volk word vandag met ’n oorvloed ryk geestelike voedsel geseën (Jes. 25:6). Daar is baie skriftuurlike materiaal om te geniet deur persoonlike en gesinstudie, asook by gemeentelike vergaderinge en kring- en streekbyeenkomste. Maar maak ons ten volle gebruik van al hierdie dinge sodat ons “volkome bevoeg kan [word], ten volle toegerus vir elke goeie werk”?—2 Tim. 3:17.

2 Dink net aan die geestelike spyskaart vir 1998, wat al halfpad verby is! Deur die weeklikse gemeentelike vergaderinge dek ons van die glanspunte van 23 boeke van die Christelike Griekse Geskrifte, hersien ons inligting in Insight on the Scriptures oor die lewe van 49 Bybelkarakters en bespreek ons 138 bladsye in die Verkondigers-boek. Ons hersien ook ’n derde van die Kennis-boek, bykans die hele Gesinsgeluk-boek en die hele God se woord-boek. Daarbenewens word ons gevoed deur 12 uitgawes van Ons Koninkryksbediening, 52 Wagtoring-studieartikels en byna net soveel openbare toesprake oor ’n verskeidenheid van Bybelonderwerpe. Dan kry ons boonop leersame kring- en streekbyeenkomsprogramme. Wat ’n magdom geestelike goeie dinge is tog nie tot ons beskikking gestel nie!

3 Waardeer Jehovah se voorsienings: As ons ten volle daarby baat wil vind, moet ons verstaan waarom Jehovah so ’n geestelike oorvloed voorsien. As ons ons met hierdie goeie dinge voed, bou dit ons geloof en versterk dit ons verhouding met hom (1 Tim. 4:6). Maar geestelike voedsel word nie net vir ons eie onderrigting beskikbaar gestel nie. Dit motiveer ons om die waarheid aan ander te vertel en rus ons toe om welslae daarin te behaal as bedienaars van die goeie nuus.—2 Tim. 4:5.

4 Laat ons nie ons geestelike behoeftes verwaarloos nie, maar altyd ’n verlange ontwikkel na die ryk en geestelik bevredigende voorsienings van Jehovah se tafel (Matt. 5:3; 1 Pet. 2:2). As ons ten volle daarby baat wil vind, moet ons genoeg tyd opsy sit vir sulke belangrike dinge soos gereelde persoonlike en gesinsbybelstudie en vergaderingbywoning (Ef. 5:15, 16). Die vreugdevolle belonings wat daaruit voortspruit, sal ooreenstem met die geïnspireerde aanmoediging wat Paulus aan die getroue Hebreeuse Christene gegee het, soos opgeteken in Hebreërs 13:20, 21.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel