‘Gevoed met die woorde van die geloof’
1 Om ’n lewe van godvrugtige toegewydheid te lei, verg ywerige inspanning (1 Tim. 4:7-10). As ons so ’n weg in ons eie krag probeer volg het, sou ons gou afgemat raak en struikel (Jes. 40:29-31). Een manier waarop ons krag van Jehovah kan ontvang, is deur “gevoed [te] word met die woorde van die geloof”.—1 Tim. 4:6.
2 Ryk geestelike voedsel: Deur sy Woord en deur “die getroue en verstandige slaaf” voorsien Jehovah ryk geestelike voedsel (Matt. 24:45). Doen ons ons deel om daarby baat te vind? Lees ons die Bybel elke dag? Sit ons spesifieke tye opsy vir persoonlike studie en bepeinsing? (Ps. 1:2, 3). So ’n gesonde geestelike dieet verkwik ons en beskerm ons teen die aftakelende uitwerking van Satan se wêreld (1 Joh. 5:19). As ons ons verstand met heilsame gedagtes vul en dit in ons lewe toepas, sal Jehovah met ons wees.—Fil. 4:8, 9.
3 Jehovah versterk ons ook deur middel van gemeentelike vergaderinge (Heb. 10:24, 25). Die geestelike onderrigting en heilsame assosiasie wat ons by hierdie vergaderinge geniet, versterk ons om standvastig te wees ondanks beproewinge (1 Pet. 5:9, 10). Een jong Christen het gesê: “Ek is heeldag by die skool, en dit breek my af. Maar die vergaderinge is soos ’n oase in die woestyn, waar ek verkwik word sodat ek deur die volgende skooldag kan kom.” Hoe word ons tog geseën vir die moeite wat ons doen om vergaderinge by te woon!
4 Maak die waarheid bekend: Dit was soos voedsel vir Jesus om vir ander te getuig. Dit het hom krag gegee (Joh. 4:32-34). Ons voel ook verkwik wanneer ons oor die wonderlike beloftes van God praat. As ons in die bediening besig is, hou dit ook ons hart en verstand gefokus op die Koninkryk en die seëninge wat ons binnekort gaan geniet. Dit verkwik ons werklik.—Matt. 11:28-30.
5 Hoe bevoorreg is ons tog om by die ryk geestelike voedsel baat te vind wat Jehovah vandag vir sy volk voorsien! Mag ons voortgaan om tot eer van hom met vreugde uit te roep.—Jes. 65:13, 14.