Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/99 bl. 3
  • Kan jy hulp verleen?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan jy hulp verleen?
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Ondersteun susters in jou gemeente
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Behandel jy vrouens soos Jehovah hulle behandel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2024
  • Kan jy weduwees en vaderlose kinders “in hulle verdrukking” help?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • “Vroue wat hard werk in die Here”
    Ons Koninkryksbediening—2000
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 6/99 bl. 3

Kan jy hulp verleen?

1 Die apostel Paulus het gemeentelede aangemoedig om ‘dieselfde sorg vir mekaar te dra’ (1 Kor. 12:25). Ons moet dus persoonlike belangstelling in mekaar toon en bereid wees om liefdevolle hulp te verleen wanneer dit nodig is. Party van die geestelike susters in ons midde maak byvoorbeeld hulle kinders alleen in die waarheid groot. Hierdie susters dra al die verantwoordelikheid vir die geestelike opleiding van hulle kinders. Hulle verdien beslis ons vriendelike aanmoediging en praktiese bystand “na gelang van hulle behoeftes” (Rom. 12:13a). Kan jy hulp verleen?

2 Maniere waarop jy kan help: Jy kan vir diegene wat van openbare vervoer afhanklik is vervoer na vergaderinge en byeenkomste aanbied, wat ’n groot finansiële besparing vir daardie gesin kan beteken. As jy ’n moeder by die vergaderinge met haar klein kindertjies kan help, sal dit beteken dat sy groter baat by die program kan vind. Jy kan eweneens aanbied om haar te help wanneer sy die kinders in die velddiens uitneem, wat dit vir haar ietwat makliker kan maak. ’n Opregte belangstelling in die kinders—deur met hulle vriende te maak—kan baie doen om ons jongmense op ’n positiewe manier te beïnvloed. Dit sal verkwikkend en geestelik opbouend wees om nou en dan ’n enkelouergesin te nooi om julle gesinstudie by te woon.

3 Wees taktvol: Ons moet versigtig wees om nie ons hulp op iemand af te dwing wat nie voel dat dit nodig is nie. Ons wil ook nie in iemand se gesinsaangeleenthede inmeng wanneer ons die nodige hulp verleen nie. Susters en egpare sal natuurlik in die beste posisie wees om ’n suster wat hulp nodig het by te staan.

4 Alle Christene word aangemoedig om “die weg van gasvryheid” teenoor mekaar te volg (Rom. 12:13b). Om ons geestelike broers en susters te help, is een van die talle maniere waarop ons die Christelike liefde betoon wat ons onder mekaar het.—Joh. 13:35.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel