Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/99 bl. 8
  • Wat sal jy vir ’n Hindoe sê?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat sal jy vir ’n Hindoe sê?
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Hindoeïsme—’n Soeke na bevryding
    Die mensdom se soeke na God
  • Hoe jy kan reageer op potensiële gesprekdempers
    Redenering uit die Skrif
  • Getuig vir mense van alle tale en godsdienste
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Gebruik jy hierdie brosjures?
    Ons Koninkryksbediening—2012
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 9/99 bl. 8

Wat sal jy vir ’n Hindoe sê?

1 Soos jy dalk weet, is daar baie Hindoes wat in verskillende lande woon, ook in hierdie land. Dit beteken dat jy een of ander tyd in jou bediening ’n Hindoe kan teëkom. Hoe sal jy te werk gaan wanneer dit gebeur?

2 Onthou hierdie punte: Sendelinge wat met welslae vir Hindoes getuig het, sê dat dit nie nodig is om ’n deeglike studie van Hindoeïsme te maak om ’n doeltreffende getuienis te gee nie. ’n Eenvoudige, taktvolle aanbieding van die waarheid het dikwels ’n positiewe reaksie tot gevolg. Vra eers om met die hoof van die huis te praat. As sy reaksie gunstig is, sal dit makliker wees om vir ander familielede te getuig. Aangesien baie Hindoes die Bybel as ’n Westerse boek beskou, kan jy vooroordeel afbreek deur te verduidelik dat dit nie kolonialisme of die meerderwaardigheid van een ras bo ’n ander bevorder nie.

3 Gebruik die regte instrumente: Twee brosjures is spesiaal saamgestel met Hindoes in gedagte. Why Should We Worship God in Love and Truth? is in Goedjarati en Pandjabi gedruk. Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? is in ’n verdere 11 Indiese tale gedruk. Albei is in Engels beskikbaar. Die brosjures “Kyk, Ek maak alles nuut” en Gee God werklik vir ons om? is ook al met welslae gebruik om vir diegene met ’n Hindoeagtergrond te getuig. Die Vereis-brosjure en die Kennis-boek kan met welslae gebruik word om Bybelstudies met Hindoes sowel as mense van ander godsdiensagtergronde te hou.

4 Lê ’n gemeenskaplike grondslag: Dit is nie moeilik om ’n gemeenskaplike grondslag met Hindoes te vind nie. Hulle glo dat ons in ’n tyd lewe waarin boosheid ’n hoogtepunt bereik het en dat God deur ’n groot ramp die wêreld van sy probleme sal bevry, wat gevolg sal word deur ’n era van waarheid. Jy kan sien hoe maklik hierdie oortuigings in verband gebring kan word met die Bybel se leer oor die laaste dae, die groot verdrukking en die naderende nuwe wêreld. Aangesien die meeste Hindoes die lewe beskou as ’n reeks probleme waarvoor daar geen oplossings is nie, stel hulle belang in onderwerpe oor die gesinslewe, misdaad, veiligheid en wat by die dood gebeur. Hier is twee demonstrasies wat gebruik kan word selfs wanneer jy met mense van ander godsdienste en agtergronde praat.

5 ’n Gesinsman sal moontlik hierin belangstel:

◼ “Ek besoek mense wat besorg is oor die hedendaagse toestand van gesinslewe in baie lande. Wat dink jy sal help om die gesin bymekaar te hou? [Wag vir ’n antwoord.] Party mense weet wat die Hindoegeskrifte oor die gesin sê, maar hulle het nog nooit die geleentheid gehad om dit te vergelyk met wat die Bybel oor die onderwerp te sê het nie. Ek sal graag vir jou hierdie gedagte in Kolossense 3:12-14 wil wys.” Nadat jy die teks gelees het, kan jy hoofstuk 15 van die Kennis-boek vir die huisbewoner wys en sê: “Ek sal graag ’n bietjie tyd wil gebruik om hierdie hoofstuk saam met jou te lees.”

6 ’n Jong persoon sal moontlik hierop reageer:

◼ “Jy glo ongetwyfeld in God. Wat dink jy is God se voorneme met ons?” Wag vir ’n antwoord. Lees dan Genesis 1:28 en sê: “Op baie plekke is die aarde oorbevolk en vol probleme. Dink jy die Skepper wil ons help om ons probleme op te los?” Nadat jy na die antwoord geluister het, kan jy na ’n gepaste publikasie oorgaan.

7 Die aanbiedings hierbo kan aangepas word vir gebiede waar daar mense van ander agtergronde is. Onthou, dit is ons doel om Bybelstudies te begin deur die Kennis-boek te gebruik.

8 Geniet positiewe resultate: ’n Suster wat by ’n mark getuig het, is deur ’n 22-jarige Hindoeman genader wat haar vir ’n Bybelstudie gevra het. Hy het verduidelik dat hy agt jaar vantevore ’n Bybelbespreking tussen haar en sy moeder gehoor het. Hoewel hy beïndruk is deur die Bybel se praktiese antwoorde op die mensdom se probleme, het sy moeder nie belanggestel nie en het hy gevoel dat hy te jonk is om die waarheid op sy eie te ondersoek. Nou as ’n volwassene wou hy meer leer. Die jong man het geen tyd verspil nie. Binne slegs 23 dae het hy sy studie van die Kennis-boek voltooi, en net vier maande nadat hy die suster by die mark ontmoet het, het hy gevra om gedoop te word!

9 Dit is God se wil dat “alle soorte mense gered moet word en tot juiste kennis van die waarheid moet kom” (1 Tim. 2:4). Dit sluit mans en vroue in wat ’n nie-Christelike godsdiens, soos Hindoeïsme, bely. As daar Hindoes in julle gebied is, kan jy hulle gerus besoek en van die wenke toepas wat in hierdie artikel gegee word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel