Vraebus
◼ Is jy voorbereid op ’n noodgeval?
In die hedendaagse wêreld lei “tyd en onvoorsiene gebeurtenisse” dikwels saam tot ’n mediese noodgeval, asook druk om ’n bloedoortapping te aanvaar (Pred. 9:11, NW). Jehovah het op baie maniere hulp deur sy organisasie voorsien sodat ons ons kan voorberei op hierdie moontlikheid, maar hy verwag van ons om ons deel te doen. Hier volg ’n lysie om jou te help.
• Dra te alle tye jou “Advance Medical Directive/Release”-kaart vir hierdie jaar by jou.
• Sorg dat jou kinders die “Identity Card” vir hierdie jaar by hulle het.
• Hersien die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Maart 1993 oor hoe om met dokters en regters te redeneer oor behandeling vir jou kind.
• Hersien artikels oor bloedfraksies en alternatiewe vir bloed. (Aanbevole artikels: Die Wagtoring van 1 Oktober 1994, bladsy 31; 1 Junie 1990, bladsye 30-1; 1 Maart 1989, bladsye 30-1; Ontwaak! van 8 Desember 1994, bladsye 23-7; 8 Augustus 1993, bladsye 22-5; 22 November 1991, bladsy 10, en die byvoegsels tot Ons Koninkryksbediening vir Maart 1993 en Junie 1992. Hou hulle in ’n lêer waar jy dit vinnig kan kry.)
• Besluit getrou aan jou eie gewete of jy kan toelaat dat masjiene gebruik word om bloed buite die liggaam te sirkuleer en of jy produkte kan aanvaar wat bloedfraksies bevat.
• Indien dit enigsins moontlik is, moet jy die ouer manne voor die tyd laat weet dat jy hospitaal toe gaan sodat hulle jou kan ondersteun en indien nodig met die Hospitaalskakelkomitee (HSK) in aanraking kan kom. In die geval van ’n jong kind moet die ouer manne gevra word om die HSK vroegtydig in kennis te stel.
Maak dit duidelik dat jy bloed weier: Verslae toon dat party broers en susters tot op die nippertjie wag om vir die dokters wat hulle behandel te sê dat hulle nie bloed wil hê nie. Dit is onregverdig teenoor die mediese personeel, en dit stel jou in gevaar om ’n oortapping te kry. As die dokters bewus is van jou oortuiging en dat jou wense ondersteun word deur ’n getekende dokument wat duidelik stel hoe jy behandel wil word, help dit hulle om sonder versuim voort te gaan en gee dit hulle dikwels bykomende keuses vir bloedlose mediese behandeling.
Aangesien daar te eniger tyd ’n mediese noodgeval kan wees, gewoonlik wanneer jy dit die minste verwag, moet jy nóú stappe doen om jou en jou kinders teen ’n bloedoortapping te beskerm.—Spr. 16:20, NW; Spr. 22:3.