Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/99 bl. 1
  • Wie sal moontlik instem tot ’n Bybelstudie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie sal moontlik instem tot ’n Bybelstudie?
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die goeie nuus aan—Deur Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Op soek na meer Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Ons behoort onderrigters te wees, nie net verkondigers nie
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Maak seker dat jy teruggaan
    Ons Koninkryksbediening—1992
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 11/99 bl. 1

Wie sal moontlik instem tot ’n Bybelstudie?

1 Die profeet Amos het gesê dat daar ’n honger in die land Israel sal wees, “nie ’n honger na brood nie en nie ’n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor” (Amos 8:11). Jehovah se organisasie versprei wêreldwyd geweldig baie Bybellektuur om diegene te help wat geestelik honger en dors is.

2 Ons het tot dusver 70 miljoen Kennis-boeke en 91 miljoen Vereis-brosjures gedruk. Ons waardeer die eenvoud en doeltreffendheid van hierdie publikasies om die waarheid aan ander te leer. Maar daar is letterlik derduisende mense wat ons lektuur geneem het en nog nie die Bybel saam met ons studeer het nie. Wat kan ons hieromtrent doen?

3 Elkeen wat lektuur neem, is ’n potensiële studie! Neem die voorbeeld van ’n verkondiger wat ’n studie vir ’n vrou aangebied het toe hy die eerste keer met haar by die deur gepraat het. Sy het onmiddellik ingestem. Later het sy vir hom gesê: “Jy is die heel eerste persoon wat aangebied het om die Bybel met my te studeer.” Hoeveel mense in julle gebied wat reeds ons lektuur het, sal dalk dieselfde sê? Elke keer wanneer lektuur by iemand gelaat word, skep dit ’n geleentheid vir herbesoeke en ’n tuisbybelstudie.

4 Hoe kan ons mense se belangstelling in die inhoud van ons lektuur wek, aangesien ons dikwels mense teëkom wat reeds van ons lektuur het? Een Getuie het ’n huisbewoner reguit gevra of sy enige Bybelvrae het, waarop sy “Nee” geantwoord het. Die suster het volgehou: “Daar moet tog iets wees waaroor jy wonder.” Daar was, en ’n studie het daaruit ontwikkel. Waarom vra jy nie die huisbewoner of hy nie graag wil weet wat die Bybel se beskouing is oor ’n vraag of ’n saak wat hom raak nie? Wees voorbereid om ’n interessante vraag te opper as hy nie aan iets kan dink nie. Sulke besprekings kan die weg baan vir ’n gereelde studie van basiese Bybelwaarhede.

5 Bybelstudiewerk is die middelpunt van ons bediening. Aangesien ons nooit weet wie moontlik tot ’n studie sal instem nie, moet ons nie huiwer om dit vir almal wat ons teëkom aan te bied nie. Bid tot Jehovah oor die saak en tree dan in ooreenstemming met jou gebede op. Jy vind dalk binnekort iemand wat tot ’n studie instem!—1 Joh. 5:14, 15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel