Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/00 bl. 8
  • Wat kan ons help om vas te staan in die geloof?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat kan ons help om vas te staan in die geloof?
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • Positiewe stappe tot verdere vooruitgang
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Hou aan om geestelik te groei!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • ‘Gaan voort om in eenheid met Christus te wandel’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • ’n Hulp wat maklik gevind kan word
    Ons Koninkryksbediening—2006
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 2/00 bl. 8

Wat kan ons help om vas te staan in die geloof?

1 Vandat ons met Jehovah se organisasie begin assosieer het, was ons geestelike vooruitgang vir ons ’n bron van vreugde! Maar as ons ‘gewortel, opgebou en standvastig in die geloof’ wil bly, moet ons voortdurend geestelik groei (Kol. 2:6, 7). Hoewel die meeste geestelik gegroei het, het sommige afgedwaal omdat hulle versuim het om ‘vas te staan in die geloof’ (1 Kor. 16:13). Ons kan voorkom dat dit met ons gebeur. Hoe?

2 Volgehoue geestelike bedrywigheid: Ontwikkel ’n goeie geestelike roetine in Jehovah se organisasie. Hier word daar oorvloedig in ons geestelike behoeftes voorsien. Gemeentelike vergaderinge asook kring- en streekbyeenkomste spoor ons aan tot groter geestelike groei en standvastigheid, solank ons altyd teenwoordig is om daarby baat te vind (Heb. 10:24, 25). ’n Gereelde roetine wat insluit dat ons die Bybel, Die Wagtoring en Ontwaak! asook die boeke lees wat die vaste voedsel van God se Woord bespreek, sal ons geestelike wortels diep en sterk laat groei (Heb. 5:14). As jy persoonlik geestelike doelwitte stel en ywerig werk om dit te bereik, sal dit ook blywende voordele meebring.—Fil. 3:16.

3 Hulp van ryp Christene: Probeer om meer met diegene in die gemeente te assosieer wat geestelik ryp is. Leer die ouer manne ken, want dit is veral hulle wat ons kan versterk (1 Tess. 2:11, 12). Wees bly oor enige raad of voorstelle wat hulle dalk gee (Ef. 4:11-16). Bedieningsknegte stel ook daarin belang om ander te help om vas in die geloof te staan; wend jou dus tot hierdie broers vir bemoediging.

4 Het jy hulp in die bediening nodig? Gesels met die ouer manne en vra hulp. Miskien kan jy by die “Pioniers help ander”-program ingesluit word. Is jy pas gedoop? As jy die Ons bediening-boek studeer en die inhoud toepas, sal dit jou help om tot geestelike rypheid te groei. Is jy ’n ouer? Versterk voortdurend jou kinders se geestelikheid.—Ef. 6:4.

5 As ons gewortel en standvastig in die geloof is, geniet ons ’n hegte verhouding met Jehovah en hartlike assosiasie met ons broers. Dit stel ons in staat om Satan se aanvalle te weerstaan en dit versterk ons hoop op ’n ewige toekoms.—1 Pet. 5:9, 10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel