Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/00 bl. 10
  • Luister aandagtig na heilige verklarings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Luister aandagtig na heilige verklarings
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Luister en neem meer onderrigting in’
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Luister en leer
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • “Handhawers van onkreukbaarheid” —Byeenkoms vir 1985
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Reël nou om die “Liefhebbers van Vryheid”- Streekbyeenkoms vir 1991 by te woon
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2000
km 10/00 bl. 10

Luister aandagtig na heilige verklarings

1 Nie alles wat mense sê, verdien spesiale aandag nie. Maar as God spreek, is dit lewensbelangrik om te luister (Deut. 28:1, 2). Gelukkig het geïnspireerde skrywers tot ons voordeel “die heilige verklarings van God” opgeteken (Rom. 3:2). Die komende streekbyeenkoms sal kosbare geleenthede bied om hierdie verklarings te hoor terwyl hulle gelees en bespreek word. Hoe kan jy spesiale aandag skenk?

2 Kom elke oggend vroeg: Stel jou die Israeliete se opgewondenheid voor toe hulle aangesê is om Jehovah by die berg Sinai te ontmoet om sy Wet te hoor! (Ex. 19:10, 11, 16-19). As jy dieselfde gesindheid teenoor Jehovah se onderrigting by die streekbyeenkoms het, sal jy reëlings tref om elke dag vroeg daar te wees. Ons kan nie na die hele program luister as ons laat instap en ander steur in ons poging om ’n sitplek te kry nie. Die deure by die byeenkomsterrein sal elke dag om 7:00 vm. oopgemaak word, en die program sal om 9:00 vm. begin.

3 Self sommige wat vroeg opdaag, is nie in hulle sitplek wanneer die sessie begin nie. Waarom nie? Hulle wag totdat die voorsitter die openingslied aankondig voordat hulle ophou om met vriende te gesels en na hulle sitplekke begin beweeg. Ons moet daarop let dat die voorsitter ’n paar minute voor die openingslied van elke sessie op die verhoog sal gaan sit terwyl Koninkryksmusiek as inleiding gespeel word. Dit is ons teken dat dit tyd is om te gaan sit! Wanneer die openingslied aangekondig word, sal ons dus gereed wees om saam lofliedere tot Jehovah te sing.

4 Luister as ’n verenigde gesin: Toe heilige verklarings vir die vergaderde Israeliete voorgelees is, moes gesinne, “die kindertjies” inkluis, luister en leer (Deut. 31:12, NW). By ons byeenkomste moet kinders nie “aan [hulleself] oorgelaat word” nie (Spr. 29:15). Ouers, sorg dat julle hele gesin bymekaar sit—insluitende die tieners. Party ouers wag tot die openingslied voordat hulle hulle jong kinders na die toilette toe neem. Maar dit sal beslis nie die kinders leer hoe belangrik liedere en gebede in ons aanbidding is nie. Hoeveel beter sal dit nie wees om, indien moontlik, voor die begin van elke sessie na die toilette toe te gaan nie!

5 Dit sal ons help om te luister as ons elke nag genoeg rus kry en swaar maaltye gedurende die dag vermy. Konsentreer op wat die spreker sê. Moenie toelaat dat jou gedagtes dwaal nie. Volg in die Bybel wanneer tekste gelees word. Maak kort aantekeninge. Met elke toespraak wat gehou word, hersien in jou gedagtes wat die spreker gesê het en dink hoe jy die materiaal gaan toepas. Bespreek teen die einde van die dag die program as ’n gesin. Watter punte het elkeen geniet? Hoe kan julle gesin hierdie inligting goed gebruik?

6 Toon respek vir God se Woord: Byeenkomste gee ons ’n goeie geleentheid om met vriende te gesels en opbouende assosiasie te geniet. Deur vroeg op te daag, sal ons tyd hê om te gesels voor die program begin. Maar party gesels gedurende die program en dink verkeerdelik dat dit min steurnis in ’n groot ouditorium sal veroorsaak. Selfs wanneer vergaderinge in ’n groot saal gehou word, is dit ’n tyd om te luister, net soos wanneer ons ’n vergadering in die Koninkryksaal bywoon. Die gebruik van selfone, roepradio’s, videokameras en kameras moet nie toegelaat word om ’n steurnis gedurende die program te veroorsaak nie.

7 Terwyl Moses die Wet van Jehovah ontvang het, het hy “geen brood geëet en geen water gedrink” nie (Ex. 34:28). Dit sal eweneens onvanpas wees om te eet of te drink terwyl die byeenkomssessies aan die gang is. Tensy ernstige gesondheidsfaktore dit vereis, moet ons wag tot die “vasgestelde tyd” daarvoor.—Pred. 3:1.

8 By sommige byeenkomste is daar steeds ’n probleem met baie broers en susters en selfs jong kinders wat gedurende die sessies in die gange saamdrom en op die terrein rondloop. Saalwagters sal aangesê word om sulke persone te vra om te gaan sit. Vrywilligers wat in verskillende afdelings werk, moet in die gehoor gaan sit sodra hulle werk voltooi is. Tensy vrywilligers noodsaaklike werk gegee word om tydens die sessies te doen, moet hulle in hulle sitplekke wees en na die program luister. Hulle moenie in die afdelings talm en by mekaar kuier terwyl die program aan die gang is nie. Ouers moenie hulle jong kinders toelaat om tydens die sessies rond te loop en vullis op te tel nie. Die saalwagters sal hulle vriendelik versoek om by hulle ouers te gaan sit.

9 Ons wil nooit ‘afgestomp in ons gehoor’ word wanneer ons na God se Woord luister nie (Heb. 5:11). Laat ons dus vasbeslote wees om die nodige respek te toon deur aandagtig te luister terwyl die heilige verklarings van Jehovah by ons komende streekbyeenkoms bespreek word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel