Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • wp20 nr. 1 bl. 3-5
  • Die waarheid – Hoe om daarna te soek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die waarheid – Hoe om daarna te soek
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • KAN JY DIE WAARHEID VIND?
  • HOE OM NA DIE WAARHEID TE SOEK
  • ’N UNIEKE BOEK VAN WAARHEID
  • Waarom kan ek nie leer nie?
    Ontwaak!—1996
  • Volg die God van waarheid na
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Waarom na die waarheid soek?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • ‘Gaan voort om die weg van die waarheid te volg’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
wp20 nr. 1 bl. 3-5
’n Man kyk na rakke vol boeke

Die waarheid – Hoe om daarna te soek

Die waarheid kan ons lewe red. Kyk byvoorbeeld hoe ons lewe geraak is deur die antwoord op die volgende vraag: Hoe versprei aansteeklike siektes?

Duisende jare lank het niemand regtig geweet wat die antwoord op hierdie vraag is nie. Intussen het miljoene mense gesterf as gevolg van aansteeklike siektes en epidemies. Uiteindelik het wetenskaplikes uitgevind wat die waarheid is. Hulle het uitgevind dat siektes dikwels veroorsaak word deur kieme – dit wil sê mikro-organismes soos bakterieë of virusse. Toe mense hierdie een waarheid uitgevind het, het dit hulle gehelp om siektes te voorkom en te behandel, en daarom lewe miljoene mense langer en is hulle gesonder.

Wat van ander belangrike vrae? Hoe dink jy kan dit jou help as jy na die antwoorde op die volgende vrae soek?

  • Wie is God?

  • Wie is Jesus Christus?

  • Wat is die Koninkryk van God?

  • Wat gaan in die toekoms gebeur?

Miljoene mense het die antwoorde op hierdie vrae gekry, en dit het hulle lewe verbeter. Die antwoorde kan jou ook help.

KAN JY DIE WAARHEID VIND?

Jy wonder dalk: ‘Hoe kan ’n mens die waarheid oor enigiets vind?’ Dit lyk asof dit al hoe moeiliker word om die waarheid oor baie dinge te vind. Hoekom?

Baie mense glo nie dat die regerings, besighede of die media die waarheid praat nie. Hulle vind dit moeilik om te weet wanneer iets ’n feit, ’n opinie, ’n halwe waarheid of ’n leuen is wat as betroubare inligting aangebied word. Omdat mense mekaar nie vertrou nie en daar so baie valse inligting is, stem mense nie saam oor wat die feite is en wat dit beteken nie.

Maar dit is wel moontlik om betroubare antwoorde op die belangrikste vrae in die lewe te vind. Hoe? Deur dieselfde metodes te gebruik wat jy in jou daaglikse lewe gebruik om antwoorde te vind.

HOE OM NA DIE WAARHEID TE SOEK

Tot ’n mate soek jy elke dag na die waarheid. Kom ons kyk na Jessica se situasie. Sy sê: “My dogter is so allergies vir grondboontjies dat selfs ’n klein bietjie van die proteïen wat in grondboontjies is, haar kan doodmaak.” Jessica moet weet of die kos wat sy koop, veilig is vir haar dogter om te eet. “Die eerste ding wat ek doen, is om te lees wat die bestanddele in elke produk is. Dan doen ek nog navorsing, en ek kontak selfs die vervaardiger om seker te maak dat daar nie ’n kans is dat van die proteïen wat in grondboontjies is, per ongeluk in die produk by die fabriek beland het nie. Ek doen ook navorsing in ander betroubare bronne om seker te maak dat ek kan vertrou hoe die maatskappy hulle kos voorberei.”

Dieselfde man kyk na ’n boek wat hy van die rak afgehaal het en vergelyk dit met wat hy op sy elektroniese toestel gevind het

Die vrae waarop jy in jou daaglikse lewe antwoorde soek, is dalk nie so belangrik soos Jessica s’n nie, maar jy kan die volgende probeer om antwoorde op jou vrae te kry:

  • Kry die feite.

  • Doen meer navorsing.

  • Maak seker dat jou bronne betroubaar is.

Dieselfde proses kan jou help om betroubare antwoorde op die lewe se belangrike vrae te kry. Hoe?

’N UNIEKE BOEK VAN WAARHEID

Toe Jessica na die waarheid in die Bybel gesoek het, het sy ’n soortgelyke metode gebruik as toe sy navorsing gedoen het oor haar dogter se kosallergie. Sy sê: “Ek moes baie mooi lees en goed navorsing doen om die waarheid in die Bybel te vind.” Soos Jessica, het miljoene mense die Bybel se antwoorde gevind op die volgende vrae:

  • Hoekom is ons hier?

  • Wat gebeur wanneer ons sterf?

  • Hoekom kry mense swaar?

  • Wat doen God nou om ’n einde te maak aan pyn en lyding?

  • Hoe kan ons ’n gelukkige gesinslewe hê?

Dieselfde man lees die Bybel en het sy skootrekenaar oop

Jy kan betroubare antwoorde op hierdie en ander vrae vind deur die Bybel te lees en deur navorsing te doen op www.pr2711.com/af.

Hierdie Wagtoring sal die volgende vrae bespreek:

  • Wie is God?

  • Wie is Jesus Christus?

  • Wat is die Koninkryk van God?

  • Wat gaan in die toekoms gebeur?

Maar kom ons kyk eers hoekom ons seker kan wees dat die Bybel ’n betroubare boek van waarheid is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel