Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/02 bl. 3
  • Wat moet jy vir ’n antwoordmasjien sê?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat moet jy vir ’n antwoordmasjien sê?
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Suksesvolle telefoongetuieniswerk
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—1996
  • Hoekom vergaderinge by die Koninkryksaal bywoon?
    Jongmense vra
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening​—⁠Spoor belangstellendes aan om vergaderinge by te woon
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2002
km 5/02 bl. 3

Wat moet jy vir ’n antwoordmasjien sê?

Die telefoon is ’n doeltreffende middel waardeur ons vir mense kan getuig wat nie by die huis gevind kan word nie of wat in gebiede woon waartoe ons nie toegang het nie. Maar al hoe meer mense antwoord nie die telefoon nie—’n antwoordmasjien doen dit vir hulle. Wat kan jy doen wanneer dit gebeur? Moenie die telefoon neersit nie. Skryf ’n goed voorbereide antwoord uit en hou dit byderhand sodat jy dit oor die telefoon kan lees. Oefen om dit op ’n vriendelike, natuurlike manier te doen. Wat kan jy sê?

Jy kan die huisbewoner hartlik uitnooi om die volgende Openbare Vergadering by die Koninkryksaal by te woon. Jy kan sê: “Dit is jammer dat ek jou nie tuis kon vind nie. As jy ’n Bybelse bespreking van [titel van openbare toespraak] wil hoor, kan jy gerus na die Koninkryksaal van Jehovah se Getuies kom. Die publiek word daarheen uitgenooi. Geen kollektes word ooit opgeneem nie.” Sê dan duidelik op watter dag en hoe laat die vergadering gehou word, en gee die straatadres van die Koninkryksaal of verduidelik hoe om daar uit te kom.

Kyk of enige nuwe mense die vergaderinge bywoon, stel jou aan hulle voor en laat hulle welkom voel. Moenie vergeet om vir hulle ’n gratis tuisbybelstudie aan te bied nie!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel