Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/02 bl. 1
  • Help ander om Jehovah te verheerlik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help ander om Jehovah te verheerlik
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Die boodskap wat ons moet verkondig
    Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool
  • Waarom moet ons God se naam gebruik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Vrees Jehovah en verheerlik sy heilige naam
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • God se naam
    Ontwaak!—2017
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2002
km 9/02 bl. 1

Help ander om Jehovah te verheerlik

1 ’n Lewensbelangrike boodskap word aan mense regoor die aarde verkondig: “Vrees God en gee hom heerlikheid, want die uur van die oordeel deur hom het aangebreek, en aanbid dus die Een wat die hemel en die aarde en see en waterfonteine gemaak het” (Op. 14:6, 7). Ons het die voorreg om aan hierdie verkondigingswerk deel te neem. Wat moet mense van Jehovah weet sodat hulle hom kan vrees en aanbid?

2 Sy naam: Mense moet die naam van die enigste ware God ken sodat hulle hom kan onderskei van al die valse gode wat vandag aanbid word (Deut. 4:35; 1 Kor. 8:5, 6). Trouens, Bybelskrywers het Jehovah se roemryke naam meer as 7 000 keer gebruik. Hoewel ons goeie oordeel aan die dag moet lê oor wanneer dit gepas sal wees om God se naam te gebruik, moet ons dit nooit verbloem of huiwer om dit te gebruik nie. Dit is God se wil dat alle mense sy naam leer ken.—Ps. 83:18.

3 Sy persoonlikheid: Om Jehovah te verheerlik, moet mense weet watter soort God hy is. Ons moet hulle leer van sy uitsonderlike liefde, verhewe wysheid, volkome geregtigheid en almag, tesame met sy barmhartigheid, liefderyke goedhartigheid en ander wonderlike eienskappe (Eks. 34:6, 7). Hulle moet ook leer om ’n heilsame vrees vir God te hê, ontsag vir hom te toon en tot die besef kom dat hulle lewe van Jehovah se goedkeuring afhang.—Ps. 89:7.

4 Hoe om nader aan God te kom: As mense gedurende God se komende oordeel gered wil word, moet hulle Jehovah in geloof aanroep (Rom. 10:13, 14; 2 Tess. 1:8). Dit behels meer as om bloot kennis van God se naam en eienskappe op te doen. Ons moet mense help om ’n persoonlike verhouding met Jehovah op te bou en met hulle hele hart op hom te vertrou (Spr. 3:5, 6). Namate hulle toepas wat hulle leer, opreg tot God bid en sy helpende hand in hulle lewe ervaar, sal hulle geloof toeneem, wat hulle sal help om nader aan Jehovah te kom.—Ps. 34:8.

5 Mag ons God se naam ywerig bekend maak en ander help om ten volle op hom te vertrou en hom te vrees. Ons sal baie ander dalk nog kan help om Jehovah te leer ken en hom as hulle “God van redding” te verheerlik.—Ps. 25:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel