Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/02 bl. 1
  • Toon waardering vir teokratiese middele

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Toon waardering vir teokratiese middele
  • Ons Koninkryksbediening—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Bied die goeie nuus aan—Deur publikasies verstandig te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Gebruik ons Bybellektuur wyslik
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Waardeer jy ons lektuur?
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Maak goeie gebruik van ons publikasies
    Ons Koninkryksbediening—2009
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2002
km 9/02 bl. 1

Toon waardering vir teokratiese middele

1 Toe koning Josia reëlings getref het om die tempel te herstel, het hy diegene wat die werk moes doen, geprys en gesê: “Daar moet geen rekenskap van die geld geëis word van dié in wie se hand dit gesit word nie, want hulle is getrou in die werk” (2 Kon. 22:3-7). Die waardering wat daardie manne vir heilige dinge gehad het, kon duidelik gesien word in die manier waarop hulle die middele gebruik het wat aan hulle toevertrou is. Terwyl ons vandag aan die heilige werk van die goeie nuus van God deelneem, moet ons eweneens getrou wees wanneer ons die middele gebruik wat aan ons gegee is.

2 In die veldbediening: As ons ’n waardering het vir die lewensbelangrike boodskap in ons publikasies en bewus is van wat dit kos om dit te druk, sal ons groot waarde daaraan heg. Ons moenie ons lektuur sommer net weggee aan diegene wat die Bybel se boodskap nie werklik waardeer nie. As iemand min belangstelling in die goeie nuus toon, kan ons hom eerder ’n traktaat as van ons ander lektuur gee.

3 Versprei lektuur op ’n manier wat toon dat ons die waarde daarvan besef. Moenie dit in openbare plekke laat waar dit net rondgestrooi gaan word nie. Om vermorsing te vermy, moet jy eers kyk wat jy by die huis het voordat jy nog lektuur kry. As jy gereeld van elke nommer van die tydskrifte oorhet, kan jy daaraan dink om jou bestelling te verminder.

4 Publikasies wat ons persoonlik gebruik: Ons moet slegs publikasies bestel wat ons werklik nodig het. Ons moet veral mooi dink voordat ons ’n luukse-uitgawe van die Bybel, ’n Reference Bible en ander groot publikasies soos die Concordance, Index, Insight-bundels en Verkondigers-boek bestel. Dit alles word teen ’n groot koste gedruk.

5 Maak jy ’n punt daarvan om jou naam en adres in jou persoonlike publikasies te skryf? Dit sal help om te voorkom dat jy publikasies wat jy verlê het, moet vervang. As jy ’n liedereboek, Bybel of studiepublikasie verloor het, sal jy dit miskien kry tussen die verlore items by die Koninkryksaal of die byeenkomsterrein.—Luk. 15:8, 9.

6 Laat ons ons bes doen om ons lektuur wyslik te gebruik. Dit is ’n manier om te toon dat ons getrou is in die wyse waarop ons die Koninkryksmiddele gebruik wat Jehovah aan ons toevertrou het.—Luk. 16:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel