Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/03 bl. 5
  • Hulp op die regte tyd

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulp op die regte tyd
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Help onbedrywige persone
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Moenie die onbedrywiges vergeet nie
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • “Keer terug na my”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 2/03 bl. 5

Hulp op die regte tyd

1 Toe die apostel Petrus gesien het dat mede-aanbidders bemoediging nodig het, het besorgdheid hom beweeg om hulle liefdevolle herinneringe en aanmoediging te gee (2 Pet. 1:12, 13; 3:1). Hy het “dié wat ’n geloof verkry het”, aangespoor om voortdurend te groei in geestelike eienskappe sodat hulle nie “onbedrywig of onvrugbaar word met betrekking tot die juiste kennis van ons Here Jesus Christus” nie (2 Pet. 1:1, 5-8). Petrus wou hulle help om die roeping en verkiesing wat hulle van Jehovah ontvang het, te verseker sodat hulle “uiteindelik deur hom vlekkeloos en smetloos en in vrede bevind [kon] word” (2 Pet. 1:10, 11; 3:14). Sy aanmoediging was vir baie medegelowiges hulp op die regte tyd.

2 Christenopsieners is vandag ook besorg oor God se volk. In hierdie ‘kritieke tye wat moeilik is om deur te kom’, het baie knegte van Jehovah met moeilike omstandighede te kampe (2 Tim. 3:1). Weens voortdurende finansiële, gesins- of persoonlike probleme voel party dalk soos Dawid: “Rampspoede het my omring totdat hulle nie meer getel kon word nie. Meer van my oortredings het my ingehaal as wat ek kon sien; hulle het talryker geword as die hare van my kop, en my hart het my verlaat” (Ps. 40:12). Die druk kan so groot word dat hierdie persone noodsaaklike geestelike belange verwaarloos en onbedrywig in die Christelike bediening word. Maar ten spyte van hulle probleme ‘het hulle Jehovah se gebooie nie vergeet nie’ (Ps. 119:176). Dit is nou die geleë tyd vir ouer manne om hierdie persone die nodige hulp te gee.—Jes. 32:1, 2.

3 Om dié rede word die ouer manne aangemoedig om ’n spesiale poging aan te wend om diegene te help wat nie op die oomblik aan die predikingswerk deelneem nie. ’n Doelbewuste poging om dit te doen, sal van volgende maand af aangewend word en tot die einde van Mei duur. Boekstudieopsieners word gevra om onbedrywiges te besoek en geestelike hulp aan te bied sodat hulle weer in die gemeente bedrywig kan word. Waar nodig kan daar gereël word om ’n Bybelstudie met hulle te hou. Ander sal moontlik gevra word om te help. As jou hulp gevra word, kan jy ’n nuttige bydrae lewer, veral as jy ander op ’n vriendelike en simpatieke manier aanmoedig.

4 Daar is rede vir almal om hulle te verheug wanneer iemand weer in die gemeente bedrywig word (Luk. 15:6). Ons pogings om onbedrywiges aan te moedig, kan waarlik tot gevolg hê dat ‘’n woord op sy regte tyd gespreek word’.—Spr. 25:11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel