Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/04 bl. 1
  • “Julle moet Jehovah liefhê, al sy lojales”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Julle moet Jehovah liefhê, al sy lojales”
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen”
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Help ander om by die losprys baat te vind
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Jehovah seën ons moeite om die Gedenkmaal te herdenk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • ‘Hou aan om dit te doen’—Die Gedenkmaal sal op 5 April gehou word
    Ons Koninkryksbediening—2012
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 3/04 bl. 1

“Julle moet Jehovah liefhê, al sy lojales”

Jesus se dood sal op 4 April herdenk word

1 Jare gelede, toe die Oekraïne onder Kommunistiese bewind was, het die owerheid die broers fyn dopgehou—veral wanneer die dag van die Here se Aandmaal nader gekom het—want hulle het gehoop dat hulle die vergaderplek sou vind. Dit was altyd ’n probleem, aangesien die owerheid geweet het op min of meer watter dag die herdenking sou plaasvind. Wat kon die broers doen? Een suster se huis het ’n oorstroomde kelderverdieping gehad. Aangesien die owerheid nie sou verwag dat mense daar vergader nie, het die broers ’n platform bo die kniediep water gebou. Hoewel hulle gebukkend op die platform onder ’n lae plafon moes sit, het niemand die gemeente lastig geval terwyl hulle die Gedenkmaal vreugdevol gevier het nie.

2 Die vasbeslotenheid van ons Oekraïense broers om die bevel te gehoorsaam om Jesus se dood te herdenk, was ’n wonderlike blyk van hulle liefde vir God (Luk. 22:19; 1 Joh. 5:3). Mag ons, wanneer ons voor struikelblokke in ons lewe te staan kom, deur sulke voorbeelde aangemoedig word en vasbeslote wees om die viering van die Here se Aandmaal op 4 April by te woon. Sodoende toon ons dat ons dit eens is met die psalmis wat gesing het: “Julle moet Jehovah liefhê, al sy lojales.”—Ps. 31:23.

3 Help ander om in hulle liefde vir God te groei: Liefde vir God beweeg ons ook om ander te nooi om die herdenking saam met ons te vier. In die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Februarie is elkeen van ons aangemoedig om ’n lys te maak van diegene wat ons na die Gedenkmaal wil nooi. Is jy pligsgetrou besig om elkeen op jou lys te nooi? Neem die tyd om die belangrikheid van die geleentheid aan hulle te verduidelik. Dit sal hulle dalk aanmoedig om die Gedenkmaal by te woon as jy hulle vriendelik herinner aan die dag en tyd van die viering en, as dit gepas is, aanbied om hulle te vergesel.

4 Tydens die viering moet jy ’n spesiale poging aanwend om diegene wat die uitnodiging aanvaar het, te groet en hulle welkom te laat voel. Hoe kan jy hulle help om in hulle liefde vir Jehovah te groei? Bied aan om hulle vrae te beantwoord. Wees gereed om vir hulle ’n Bybelstudie aan te bied as dit gepas is. Nooi hulle om ons weeklikse gemeentelike vergaderinge by te woon. Ouer manne in die besonder moet aandag gee aan onaktiewe Christene wat teenwoordig is. Hulle kan reël om sulke persone te besoek en hulle aanmoedig om weer bedrywig te word, moontlik deur op die gedagtes voort te bou wat in die Gedenkmaaltoespraak gedek is.—Rom. 5:6-8.

5 Vergroot jou eie liefde vir Jehovah: As ons oor die gawe van die losprys nadink, kan dit ons liefde vir Jehovah en sy Seun vergroot (2 Kor. 5:14, 15). ’n Suster wat die Gedenkmaal al baie jare lank bywoon, het gesê: “Ons sien uit na die Gedenkmaal. Dit word elke jaar vir ons meer spesiaal. Ek onthou hoe ek 20 jaar gelede by my dierbare pa se begrafnis na hom gekyk het en ’n opregte, hartgrondige waardering vir die losprys gekry het. Dit was voorheen vir my maar net nog ’n onderwerp. Ja, ek het al die tekste geken en het geweet hoe om hulle te verduidelik! Maar dit was eers toe ek die wrede werklikheid van die dood ondervind het dat my hart werklik met vreugde vervul is oor wat deur middel van daardie kosbare losprys vir ons gedoen gaan word.”—Joh. 5:28, 29.

6 Namate die dag vir hierdie jaar se viering nader kom, moet jy die tyd neem om jou hart vir die geleentheid voor te berei (2 Kron. 19:3). Dink na oor die spesiale Bybelleesgedeelte vir die Gedenkmaal, wat in Ondersoek die Skrif elke dag en op die Kalender vir 2004 verskyn. Party geniet dit om hoofstukke 112-16 in die Grootste mens-boek tydens hulle gesinstudie te hersien. Ander doen bykomende navorsing met behulp van ander studiehulpe wat deur die “getroue en verstandige slaaf”-klas voorsien word (Matt. 24:45-47). Ons almal kan die gawe van die losprys ’n saak van opregte gebed maak (Ps. 50:14, 23). Ja, mag ons gedurende hierdie Gedenkmaalseisoen voortdurend aan Jehovah se liefde vir ons dink en na maniere soek om ons liefde vir hom te bewys.—Mark. 12:30; 1 Joh. 4:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel