Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/04 bl. 3
  • “Laat ons sy naam saam verhef”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Laat ons sy naam saam verhef”
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Prys Jehovah in die groot gemeente
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • ’n Geleentheid om geestelik gevoed te word en bly te wees
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Kom byeen om Jehovah te loof
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Is jy gereed vir ’n geestelike feesmaal?
    Ons Koninkryksbediening—2009
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 10/04 bl. 3

“Laat ons sy naam saam verhef”

1. Watter geleentheid sal ons hê om God se naam saam te verhef, en wat kan ons nou ter voorbereiding doen?

1 “O maak Jehovah saam met my groot, en laat ons sy naam saam verhef”, het die psalmis gesing (Ps. 34:3). Ons komende “Wandel met God”-streekbyeenkoms sal ons die geleentheid gee om saam met ons broers en susters van baie gemeentes Jehovah se naam te verhef. Het jy al reëlings getref vir huisvesting, vervoer en verlof van jou sekulêre werk? Dit sal goed wees as ons dit lank voor die tyd doen.—Spr. 21:5.

2. Waarom is dit voordelig om te beplan om vroeg by die byeenkomsterrein aan te kom?

2 By die byeenkomsterrein: Daar moet na baie sake omgesien word wanneer ons ’n byeenkoms bywoon. As ons soggens vroeg vertrek, sal onverwagte vertragings nie vir ons ’n groot probleem skep nie en sal ons betyds ons sitplekke kan inneem sodat ons heelhartig aan die openingslied en -gebed kan deelneem (Ps. 69:30). ’n Paar minute voordat die sessie begin, sal die voorsitter op die verhoog gaan sit terwyl inleidende Koninkryksmusiek gespeel word. Ons almal moet dan gaan sit sodat die program op ’n waardige wyse kan begin.—1 Kor. 14:33, 40.

3. Hoe kan ons bedagsaam teenoor ander wees wanneer ons sitplekke soek?

3 God se Woord vermaan ons om ‘al ons aangeleenthede in liefde te laat geskied’ (1 Kor. 16:14). Wanneer die deure oopgemaak word, sal bedagsaamheid teenoor ander verhoed dat ons hardloop, storm, stamp of stoot om eerste by die sitplekke te kom wat ons verkies. Sitplekke mag net gehou word vir diegene wat saam met jou in dieselfde voertuig ry of saam met jou in dieselfde huis woon.—1 Kor. 13:5; Fil. 2:4.

4, 5. (a) Wat is die reëlings vir die middagpouse, en hoe is dit voordelig? (b) Waarom is dit nuttig om te weet wat die sessietye is?

4 Bring asseblief eerder middagete saam as om die byeenkomsterrein tydens die middagpouse te verlaat om iets te ete te kry. Sodoende sal almal opbouende omgang kan geniet en van die begin van die middagsessie af teenwoordig kan wees. Indien nodig, kan ’n klein koelhouer gebruik word wat onder ’n sitplek pas. Die saalwagters sal sê waar gesinsgrootte piekniekkoelhouers gebêre moet word. Glashouers en alkohol word nie op die byeenkomsterrein toegelaat nie.

5 Let asseblief op die sessietye om jou met jou beplanning te help: Vrydag en Saterdag: 9:00 vm.–4:10 nm.; Sondag 9:00 vm.–3:15 nm.

6. Hoe kan ons ons hart voorberei vir die onderrigting wat ons sal ontvang?

6 ’n Geestelike feesmaal lê vir ons voor: Koning Josafat was iemand wat sy “hart voorberei het om die ware God te soek” (2 Kron. 19:3). Hoe kan ons ons hart voor die byeenkoms voorberei? Die artikel op die agterblad van die Ontwaak! van 22 Mei en 8 Junie gee ’n voorskou van die geestelike feesmaal wat bedien sal word. Ruim gerus tyd in om oor hierdie artikels te peins en afwagting te wek vir wat Jehovah vir ons gereël het. Om ons hart voor te berei, behels ook dat ons Jehovah vra om ons te help om die sin te begryp van die onderrigting wat ons sal ontvang en dit toe te pas.—Ps. 25:4, 5.

7. Wat wil ons graag doen, en waarom?

7 Ons wil almal graag meer uit die Woord van God leer, want ons besef dat ons daardeur tot redding kan groei (1 Pet. 2:2). Laat ons dus die “Wandel met God”-streekbyeenkoms bywoon en ‘Jehovah se naam saam verhef’.—Ps. 34:3.

[Venster op bladsy 3]

Maniere om God se naam te verhef

◼ Beplan vooruit

◼ Betoon liefde aan ander

◼ Berei jou hart voor

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel