Hersiening van Kringbyeenkoms
Hierdie materiaal sal gebruik word om die kringbyeenkomsprogram vir die 2005-diensjaar vooraf te bespreek en te hersien. Die artikel “Nuwe reëling om byeenkomsprogramme te hersien”, wat op bladsy 4 van hierdie byvoegsel verskyn, verduidelik hoe dit gedoen moet word. Gedurende die hersiening moet die tyd só ingedeel word dat al die vrae gevra kan word. Die hersiening moet die aandag vestig op hoe ons die inligting wat aangebied is, kan toepas.
EERSTE DAG: OGGENDSESSIE
1. Wat sal ons help om goddelike wysheid te verwerf?
2. Watter pogings het verkondigers in die kring aangewend om meer mense met die goeie nuus te bereik?
EERSTE DAG: MIDDAGSESSIE
3. Waarom is dit noodsaaklik dat Christene innerlik onbevlek bly? Wat verg dit van ons?
4. Hoe kan ons toon dat ons vredeliewend is teenoor ons broers?
5. Wat is redelikheid, en hoe kan ons dit toon in die manier waarop ons ons tyd gebruik?
6. Wat leer ons uit die voorbeelde van Saul en Noag? Hoe kan ons toon dat ons ‘bereid is om te gehoorsaam’? (Jak. 3:17).
7. Hoe kan Christene daarteen waak om ’n dubbele lewe te lei?
8. Hoe kan ons Paulus se voorbeeld navolg om God se wysheid te spreek?
TWEEDE DAG: OGGENDSESSIE
9. Waarom moet ons ons bedrywighede versigtig kies, en wat sal ons help om dit te doen?
10. Watter pogings wend broers in die kring aan om vergaderinge gereeld by te woon, en hoe het hulle daarby baat gevind?
11. Hoe kan gesinshoofde hulle huisgesin opbou?
12. Watter behoeftes van die kring is onder ons aandag gebring?
TWEEDE DAG: MIDDAGSESSIE
13. Watter regverdige werke is deur die wysheid van bo voortgebring, soos in die openbare toespraak gemeld is?
14. Waarom is dit dwaas om op onsself te vertrou of op diegene wat nie deur goddelike wysheid gerig word nie? Op watter gebiede moet ons op ons hoede wees?
15. Teen watter valstrikke beskerm goddelike wysheid ons?
16. Waarom is dit noodsaaklik dat ons die raad toepas wat deur die kringbyeenkomsprogram voorsien is?