Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/04 bl. 5
  • Nuwe kringbyeenkomsprogram

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe kringbyeenkomsprogram
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Hersiening van Kringbyeenkoms
    Ons Koninkryksbediening—2004
  • Nuwe Kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Die nuwe kringbyeenkomsprogram
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • ’n Kringbyeenkoms wat ons sal help om ons geestelikheid te beskerm
    Ons Koninkryksbediening—2009
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 8/04 bl. 5

Nuwe kringbyeenkomsprogram

In hierdie ‘kritieke tye wat moeilik is om deur te kom’, het ons goddelike wysheid nodig om Jehovah se goedkeuring te verkry en te behou (2 Tim. 3:1). Die kringbyeenkomsprogram vir die 2005-diensjaar, met die tema “Laat jou deur ‘die wysheid van bo’ rig”, sal ons praktiese raad en aanmoediging gee.—Jak. 3:17.

Die eerste simposium, “Hoe om ‘die wysheid van bo’ in ons lewe te openbaar”, sal ons help om te sien wat kuisheid, vredeliewendheid, redelikheid en bereidwilligheid om te gehoorsaam, beteken. Dan sal die kringopsiener aandag skenk aan drie ander aspekte van hemelse wysheid. Die streekopsiener sal in die laaste toespraak van die eerste dag toon hoe Christenbedienaars toegerus word om God se wysheid te spreek, hoewel hulle deur party as “ongeleerde en gewone mense” beskou word.—Hand. 4:13.

Op die tweede dag sal ’n simposium met die tema “Streef die dinge na wat opbouend is” ons help om dinge te identifiseer en te vermy wat ons geestelikheid kan afbreek. Dit sal ook toon hoe ons ander by gemeentelike vergaderinge, in die veldbediening en in die gesin kan opbou. Die openbare toespraak, “Hoe goddelike wysheid ons tot voordeel strek”, sal ons waardering vergroot vir die voordele wat ons ontvang wanneer ons goddelike beginsels in ons lewe toepas. Die slottoespraak, “Die toepassing van goddelike wysheid beskerm ons”, sal ons meer vasbeslote maak om ons gedurende hierdie laaste dae tot Jehovah te wend om wysheid.

Die doop van nuwe dissipels is ’n hoogtepunt van elke byeenkoms. Die Teokratiese Bedieningskool en die Wagtoring-studie vir die week sal ook deel van die program uitmaak. Jehovah wil hê dat ons almal moet baat vind by die wysheid wat hy voorsien. Die raad en aanmoediging wat ons by ons kringbyeenkoms gaan ontvang, sal ons geestelik verryk.—Spr. 3:13-18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel