Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Nov.
“Die meeste mense wil graag goeie gesondheid en ’n lang lewe hê. Maar sou jy vir ewig wou lewe as dit moontlik was? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Johannes 17:3.] Hierdie tydskrif bespreek die Bybel se belofte van die ewige lewe. Dit ondersoek ook hoe die lewe sal wees wanneer hierdie belofte vervul word.”
Ontwaak! 22 Nov.
“In die afgelope 20 jaar is baie kennis oor vigs opgedoen en is groot vooruitgang in die behandeling daarvan gemaak. Tog het baie mense nog wanopvattings daaroor. [Wys die venster “Mites oor vigs”, en wag vir kommentaar.] Hierdie tydskrif bespreek hoe ouers hulle kinders kan beskerm.” Lees Deuteronomium 6:6, 7.
Wagtoring 1 Des.
“’n Eienskap wat mense anders as diere maak, is die vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei. Ongelukkig doen baie mense slegte dinge. Waarom dink jy is dit die geval? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jeremia 17:9 of Openbaring 12:9.] Hierdie tydskrif bespreek wat ons kan help om te weet wat reg is en dit te doen.”
Ontwaak! 8 Des.
“Tegnologiese vooruitgang het nie die mens se basiese behoefte aan vriendskap verander nie. Maar het jy opgemerk dat veranderinge in die samelewing dit deesdae moeilik kan maak om hegte vriendskappe te smee? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Spreuke 18:24.] Hierdie tydskrif bespreek hoe ons ware vriende kan maak en kan behou.”