Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Des.
“Dié tyd van die jaar dink baie mense na oor Jesus se geboorte. Het jy al ooit gewonder watter soort familie Jesus gehad het? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Lukas 2:51, 52.] Hierdie nommer van Die Wagtoring bespreek praktiese lesse wat ons uit die Bybelverslag van Jesus se opvoeding kan leer.”
Ontwaak! 22 Des.
“Ons wil almal graag sien dat ons kinders ’n gelukkige, suksesvolle lewe lei. Wat dink jy het kinders die meeste nodig om teen vandag se stresvolle wêreld opgewasse te wees? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Spreuke 22:6.] Hierdie nommer van die Ontwaak! bespreek wat kinders nodig het en hoe ouers in hierdie behoeftes kan voorsien.”
Wagtoring 1 Jan.
“Baie mense hunker na vrede op aarde. Dink jy ons sal ooit die vervulling van hierdie woorde sien? [Lees Psalm 46:9. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie nommer van Die Wagtoring bespreek hoe dit verwesenlik sal word en waarom ons God se belofte van ’n wêreld sonder oorlog kan vertrou.”
Ontwaak! 8 Jan.
“Miljoene mense regoor die wêreld ly aan gemoedsversteurings, soos depressie en bipolêre versteuring. Ons Skepper is diep besorg oor hulle. [Lees Psalm 34:18.] Hierdie tydskrif bespreek hoe mense met sulke versteurings gehelp kan word. Dit wys ook op die Bybel se belofte dat alle siektes binnekort iets van die verlede sal wees.”