Nuwe kringbyeenkomsprogram
Gedurende die laaste dae van hierdie verdorwe ou wêreld is dit noodsaaklik dat ons ons geestelike kleredrag en ons Christelike identiteit bewaar (Op. 16:15). Dit is dus gepas dat die tema van die kringbyeenkomsprogram vir die 2006-diensjaar “Beklee julle met die nuwe persoonlikheid” is.—Kol. 3:10.
Eerste dag: Die eerste simposium, “Openbaar aspekte van die nuwe persoonlikheid”, sal die aandag vestig op hoe dit ons op alle gebiede van ons lewe tot voordeel strek as ons die nuwe persoonlikheid aankweek. Hoe kweek ons die nuwe persoonlikheid aan? Dit sal bespreek word in die laaste twee toesprake van die eerste dag, “Dissiplineer jou om op die regte manier te peins” en “Onderrigting wat die nuwe persoonlikheid vorm”.
Tweede dag: Die uitwerking wat die nuwe persoonlikheid op ons gebruik van die tong het, sal bespreek word in die tweede simposium, “Verkry die tong van die wyses”. “Oorwin jy die bose?” is die tema van die openbare toespraak, wat sal beklemtoon hoe belangrik dit is om op ons hoede te bly vir Satan se taktiek. Die laaste twee toesprake van die byeenkoms, “Bewaar jou sonder vlek van die wêreld” en “Vernuwe daagliks die mens wat jy innerlik is”, sal ons help om gesindhede en gedrag te verwerp wat in stryd is met God se regverdige weë, en om standvastig te bly in ons aanbidding van Jehovah.
Hoe sien ons tog daarna uit om hierdie aanmoediging te ontvang om ons met die nuwe persoonlikheid te beklee en dit te bewaar!