Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Wagtoring 15 Apr.
“Dit lyk of gruweldade algemener word. [Gee ’n plaaslike voorbeeld of een uit die tydskrif.] Het jy al ooit gewonder hoe mense so wreed kan wees? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel het voorspel dat wreedheid sal toeneem. [Lees 2 Timoteus 3:1-5.] Hierdie tydskrif beantwoord die vraag: ‘Sal wreedheid ooit tot ’n einde kom?’”
Ontwaak! Apr.
“Baie mense sê dat hulle Christene is. Wat dink jy beteken dit om ’n Christen te wees? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat Jesus hier gesê het. [Lees Johannes 15:14.] Hierdie artikel toon dat meer vereis word as om bloot te sê dat ’n mens ’n Christen is.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 26 begin.
Wagtoring 1 Mei
“Die dood van ’n kind veroorsaak intense en voortslepende pyn vir ouers. Waar dink jy kan hulle vertroosting vind? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Romeine 15:5.] Hierdie tydskrif bespreek van die maniere waarop God die treurendes vertroos.”
Ontwaak Mei
“Party mense lewe in weelde, terwyl miljoene ander brandarm is. Dink jy dat daar ooit ’n tyd sal wees wanneer sulke ongelykhede nie meer sal bestaan nie? [Wag vir ’n antwoord.] Let op hoe God die armes beskou. [Lees Psalm 22:24.] Hierdie tydskrif verduidelik die Bybel se hoop vir armes.”