Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 2/08 bl. 1
  • Dink met waardering aan die losprys

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dink met waardering aan die losprys
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Hou aan om dit te doen’—Die Gedenkmaal sal op 5 April gehou word
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Laat ons ons waardering toon—Die Gedenkmaal sal op 17 April gehou word
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen”
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Gedenkmaaluitnodigings gaan wêreldwyd versprei word!
    Ons Koninkryksbediening—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 2/08 bl. 1

Dink met waardering aan die losprys

1, 2. Watter redes het ons om met waardering aan die losprys te dink?

1 Uit gehoorsaamheid aan Jesus se opdrag sal Christene regoor die wêreld op Saterdag 22 Maart 2008 ná sononder vergader om die dood van Jesus Christus te herdenk (Luk. 22:19; 1 Kor. 11:23-26). Ons doen dit uit diep waardering vir alles wat 1 975 jaar gelede op daardie dag bereik is. Deur volmaakte onkreukbaarheid te handhaaf ondanks ’n pynlike dood aan ’n folterpaal, het Jesus sy Vader se naam geheilig en die beste antwoord op Satan se uittartings voorsien.—Job 1:11; Spr. 27:11.

2 Jesus se vergote bloed het die nuwe verbond bekragtig, wat dit moontlik maak dat onvolmaakte mense aangeneem kan word as God se seuns, met die vooruitsig om saam met Christus in sy hemelse Koninkryk te regeer (Jer. 31:31-34; Mark. 14:24). Daarbenewens is die diepte van God se liefde vir die mensdom duidelik geopenbaar deurdat hy sy geliefde Seun as ’n offerande gegee het, soos Jesus self aan Nikodemus verduidelik het.—Joh. 3:16.

3. Hoe sal diegene wat die Gedenkmaal bywoon, daarby baat vind?

3 Nooi ander: Ons Koninkryksbediening vir Januarie het voorgestel dat ons ’n lys maak van mense wat ons ken, en hulle persoonlik nooi. Het jy diegene op jou lys al begin nooi? Maak jy reëlings om ’n volle deelname te hê aan die kampanje wat op 1 Maart sal begin en waartydens mense na die Gedenkmaal genooi sal word? Diegene wat dit bywoon, sal skriftuurlike inligting hoor wat geloof in die losprys kan opbou, wat weer tot ewige lewe lei.—Rom. 10:17.

4. Waarom moet ons vroeg by die Gedenkmaal wees?

4 Almal wat kan, moet beplan om vroeg daar te wees sodat hulle diegene wat op die spesiale uitnodiging reageer, hartlik kan verwelkom. Weens die groot Gedenkmaalbywoning is dit noodsaaklik dat ons spesiale aandag gee aan die nuwelinge sowel as aan dié wat die vergaderinge van tyd tot tyd bywoon.

5. Hoe kan jy jou hart vir hierdie geleentheid voorberei?

5 Berei jou hart voor: Ondersoek die Skrif elke dag—2008 en die kalender vir 2008 bevat vir die Gedenkmaal ’n spesiale Bybelleesrooster wat op 17 Maart begin. ’n Ondersoek van die belangrike gebeure gedurende die laaste dae van Jesus se aardse lewe sal jou help om jou hart vir die Gedenkmaalviering voor te berei (Esra 7:10). As jy biddend nadink oor hierdie Bybelverslae, sal dit jou waardering vergroot vir die liefde wat Jehovah en sy Seun betoon het deur die losprys te voorsien.—Ps. 143:5.

6. Watter uitwerking sal dit op ons hê as ons waardering opbou vir die losprys?

6 Mag ons, terwyl die Gedenkmaal nader kom, onsself en ander deeglik voorberei vir hierdie belangrike gebeurtenis. As ons met waardering dink aan die losprys, sal dit ons verhouding met Jehovah en sy Seun versterk (2 Kor. 5:14, 15). Dit sal ons ook beweeg om hulle na te volg in die betoning van selfopofferende liefde teenoor ander.—1 Joh. 4:11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel