Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/08 bl. 1
  • Bou mekaar in die bediening op

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bou mekaar in die bediening op
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Wees ’n goeie helper by die deur
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Wees ’n opbouende velddiensmaat
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Behou jou ywer vir die bediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Help ander om god se woord bekwaam te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1990
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 3/08 bl. 1

Bou mekaar in die bediening op

1 Ons almal waardeer ’n bemoedigende “woord wat op sy regte tyd gespreek word” (Spr. 25:11). Hoe kan ons seker maak dat ons gesprekke bemoedigend is wanneer ons saam met ander in die bediening werk?

2 Opbouende gesprekke: Hoe opbouend is dit tog om ook oor geestelike dinge te gesels terwyl ons aan die predikingswerk deelneem! (Ps. 37:30). Ons kan oor ons aanbieding praat of aanmoedigende ondervindinge vertel wat ons onlangs in die velddiens gehad het (Hand. 15:3). Het ons op ’n interessante gedagte afgekom in ons persoonlike Bybellees of die jongste tydskrifte of dit by ’n gemeentelike vergadering gehoor? Ons kan gedagtes bespreek wat ons in ’n onlangse openbare toespraak by die Koninkryksaal gehoor het.

3 Ons voel dalk ontmoedig wanneer ’n huisbewoner ’n beswaar opper wat ons nie kan oorkom nie. Voordat ons aan die volgende deur klop, sal dit vir ons nuttig wees om ’n paar minute met ons metgesel te gesels oor hoe ons so ’n situasie in die toekoms kan hanteer, miskien deur die Redenering-boek te raadpleeg. En as ons iets omtrent ons metgesel se aanbieding waardeer het, sal ’n woordjie van opregte lof baie aanmoedigend wees.

4 Neem die inisiatief: Is daar party in ons boekstudiegroep saam met wie ons nie in die afgelope tyd gewerk het nie? As ons hulle persoonlik nooi om saam met ons in die bediening te werk, kan dit tot “wedersydse aanmoediging” lei (Rom. 1:12). Gewone en hulppioniers waardeer dit om iemand te hê saam met wie hulle kan werk, veral vroeg in die oggend of laat in die middag, wanneer minder verkondigers aan die bediening deelneem. Ons kan die pioniers ondersteun deur aan te bied om saam met hulle te werk. Is daar ’n sieklike verkondiger wat weens sy gesondheid nie baie in die bediening kan doen nie? Dit kan voordelig wees as ons reël dat hy saam met ons gaan, miskien na ’n Bybelstudie.—Spr. 27:17.

5 Lof en woorde van waardering is altyd aanmoedigend, selfs wanneer dit kom by klein dingetjies. Ons moet dit in gedagte hou wanneer ons saam met ander in die bediening werk, aangesien ons wil ‘aanhou om mekaar op te bou’.—1 Tess. 5:11.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel