Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/08 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 10 Maart
  • Week wat begin met 17 Maart
  • Week wat begin met 24 Maart
  • Week wat begin met 31 Maart
  • Week wat begin met 7 April
Ons Koninkryksbediening—2008
km 3/08 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 10 Maart

Lied 131

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Maart en die Ontwaak! van Maart saam met die Gedenkmaaluitnodiging aangebied kan word.

20 min: Waarom moet ons saam vergader? Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Mei 2007, bladsye 11-13. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle by gemeentelike vergaderinge baat gevind het en hoe hulle struikelblokke oorkom het om vergaderinge gereeld by te woon.

15 min: “Ons kan vir Jehovah gee.”a Nooi gehoor om na gelang van die tyd kommentaar te lewer oor die teksverwysings.

Lied 8

Week wat begin met 17 Maart

Lied 144

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner gehoor om volgende week Die Wagtoring van 1 April en die Ontwaak! van April na die Diensvergadering saam te bring en om voorbereid te wees om gepaste aanbiedings vir die plaaslike gebied te bespreek. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

15 min: Vraebus. Moet deur ’n ouer man behartig word. Lees en bespreek die hele artikel.

20 min: “Hoe kan ons diegene help wat die Gedenkmaal bywoon?”b Demonstreer kortliks, wanneer paragraaf 5 bespreek word, hoe ’n mens ’n Bybelstudie kan begin met ’n besoeker wat die Gedenkmaal bygewoon het.

Lied 214

Week wat begin met 24 Maart

Lied 111

5 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes.

10 min: Berei voor om die jongste tydskrifte aan te bied. Gehoorbespreking. Gee ’n kort oorsig van Die Wagtoring van 1 April en die Ontwaak! van April, en vra die gehoor dan watter artikels by mense in die gebied byval sal vind en waarom. Nooi die gehoor om spesifieke punte te noem in artikels wat hulle beplan om aan te bied. Watter vraag kan gevra word om ’n gesprek aan te knoop? Watter teks in die artikel kan dan gelees word? Gebruik die voorgestelde aanbiedings om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 April en die Ontwaak! van April in die plaaslike gebied aangebied kan word.

30 min: “Kan jy jou beskikbaar stel?” Aanmoedigende toespraak met kommentare van die gehoor in antwoord op vrae wat vir paragrawe 13 en 18-24 voorberei is. Moedig ouers aan om hulle kinders te help om Betheldiens as ’n loopbaan te oorweeg. Stel voor dat gesinne hierdie byvoegsel gedurende hulle gesinstudie saam bestudeer.

Lied 29

Week wat begin met 31 Maart

Lied 37

10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Maart in te gee.

20 min: Maak goeie gebruik van die Jaarboek vir 2008. Toespraak en gehoorbespreking. Bespreek “’n Brief van die Bestuursliggaam” op bladsye 3-5. Laat twee of drie in die gehoor ’n ondervinding uit die Jaarboek vertel wat vir hulle besonder bemoedigend was. Reël vooraf dat een of twee verkondigers kommentaar lewer oor hoe hulle tyd inruim om die Jaarboek te lees. Sluit af deur almal aan te moedig om die hele boek te lees.

15 min: “Bou mekaar in die bediening op”c

Lied 122

Week wat begin met 7 April

Lied 186

10 min: Plaaslike aankondigings.

20 min: Waarom sou ’n mens doop uitstel? Toespraak deur ’n ouer man wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Julie 2006, bladsye 29-30, paragrawe 14-17. Sluit ’n kort onderhoud in met een of twee verkondigers wat as tieners gedoop is. Wat het hulle beweeg om hierdie belangrike stap op ’n jong ouderdom te neem? Hoe het hulle doop hulle gehelp om te vorder tot geestelike volwassenheid, wat ’n beskerming is?

15 min: Het jy al die direkte benadering probeer? Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2002, bladsy 6. Bespreek die voorgestelde aanbiedings en hoe hulle aangepas kan word om ’n Bybelstudie in die Leer Bybel-boek te begin. Hou dan een of twee demonstrasies. Moedig gehoor aan om ten minste een keer in die volgende week ’n Bybelstudie in die Leer Bybel-boek te probeer begin deur die direkte benadering te gebruik.

Lied 225

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel