Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/10 bl. 3
  • Wees ’n goeie helper by die deur

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees ’n goeie helper by die deur
  • Ons Koninkryksbediening—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Wees ’n opbouende velddiensmaat
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening—Hoe om ’n ondersteunende velddiensmaat te wees
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Bou mekaar in die bediening op
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Help ander tydens die velddiens
    Ons Koninkryksbediening—1991
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2010
km 3/10 bl. 3

Wees ’n goeie helper by die deur

1. Watter voordele hou dit in om saam met ’n maat in die bediening te werk?

1 By een geleentheid het Jesus 70 dissipels uitgestuur om te preek, en hy het “hulle twee-twee . . . gestuur” (Luk. 10:1). Hierdie reëling het sy dissipels ongetwyfeld in staat gestel om mekaar te help en aan te moedig terwyl hulle gepreek het. Hoe kan ons ’n ander verkondiger help wanneer ons saam met hom in die bediening werk?

2. Hoe en waarom moet ons luister wanneer ons maat sy aanbieding doen?

2 Deur te luister: Luister aandagtig terwyl jou maat sy aanbieding doen (Jak. 1:19). Volg in jou Bybel as ’n teks gelees word. Kyk na die een wat praat, hetsy dit jou maat of die huisbewoner is. As jy aandagtig na die gesprek luister, kan dit die huisbewoner aanspoor om dieselfde te doen.

3. Wanneer sal ons maat dalk bly wees as ons iets sê?

3 Deur te onderskei wanneer om te praat: Wanneer ons saam met iemand is wat sy aanbieding doen, verleen ons waardigheid aan hom deur hom toe te laat om die leiding te neem (Rom. 12:10). Ons moet hom nie in die rede val nie. As hy vergeet wat hy wou sê, of as die huisbewoner ’n beswaar of ’n vraag opper en ons maat ons hulp vra, probeer ons eerder ons maat se opmerkings aanvul as om ’n ander onderwerp in te lei (Spr. 16:23; Pred. 3:1, 7). As ons iets sê, moet ons woorde bydra tot die getuienis wat gegee word.—1 Kor. 14:8.

4. Wat sal bydra tot ons vreugde en sukses in die bediening?

4 Nadat die 35 paar dissipels klaar gepreek het, het hulle “met vreugde teruggekeer” (Luk. 10:17). Ons sal ook vreugde en sukses in die bediening hê as ons luister en onderskei wanneer om te praat terwyl ons diegene help saam met wie ons na die deur toe gaan.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel