Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Die Wagtoring 1 Februarie
“Die meeste van ons het ons eie godsdiens. Dink jy dit maak vir God saak hoe ons besluit om hom te aanbid? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Matteus 15:9.] Hierdie artikel bespreek vier aspekte van ware aanbidding wat in Jesus se lewe na vore kom.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 16 begin.
Ontwaak! Februarie
“Party mense glo in ’n Skepper, maar ander dink dat hierdie opvatting onwetenskaplik en onredelik is. Wat is jou opinie? [Wag vir ’n antwoord.] Volgens die Bybel berus ware geloof op bewyse. [Lees Hebreërs 11:1.] Hierdie artikel bespreek party bewyse wat dui op die bestaan van ’n Skepper.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 22 begin.
Die Wagtoring 1 Maart
“Beskou jy die Bybel as die Woord van God, of dink jy dat dit net ’n goeie boek is? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk wat die Bybel self sê. [Lees 2 Timoteus 3:16, 17.] Hierdie tydskrif bespreek hoe ’n mens ’n ingeligte besluit hieroor kan neem en waarom dit belangrik is om dit te doen.”
Ontwaak! Maart
“Soos die meeste mense bewonder jy seker die skoonheid in die natuur. Stem jy saam dat die natuur bewys lewer van wyse ontwerp? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Psalm 104:24.] Hierdie tydskrif gee interessante voorbeelde van ontwerp wat in die natuur gevind word, en dit bespreek wat ons daaruit leer.”