Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Die Wagtoring 1 Junie
“Baie mense raadpleeg hulle horoskoop voordat hulle besluite neem. Dink jy die sterre beïnvloed ons lewe? [Wag vir ’n antwoord.] Dit is interessant dat die Bybel van die sterrebeelde van die diereriem praat. [Lees 2 Konings 23:5.] Hierdie artikel gee die Bybel se beskouing.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 18 begin.
Ontwaak! Junie
“Baie kerke laat mense betaal vir dope, troues en begrafnisse. Dink jy dit is reg? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk na hierdie opdrag wat Jesus sy dissipels gegee het. [Lees Matteus 10:7, 8b.] Hierdie artikel toon wat die Bybel oor betaling vir kerkdienste sê.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 22 begin.
Die Wagtoring 1 Julie
“Baie mense praat van die Almagtige net as God. Maar het jy geweet dat die Bybel vir ons sê wat God se naam is? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Jesaja 42:8a.] Hierdie tydskrif verduidelik waarom God se naam uit party Bybelvertalings gehaal is en wat dit beteken om God by name te ken.”
Ontwaak! Julie
“Die ekonomie het al baie sorge veroorsaak. Mense wat werkloos is, ly aan stres, en dié wat werk, is bekommerd dat hulle hulle werk sal verloor. Dink jy hierdie raad is goeie raad wat ons kan help? [Lees Matteus 6:34. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif gee praktiese wenke oor hoe om ons geldsake te bestuur en ons emosies te beheer.”