Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Die Wagtoring 1 September
“Mense doen soms slegte dinge as gevolg van misplaaste godsdiensywer. Wat kan daartoe lei dat mense so bedrieg word? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat die Bybel ons aanspoor om te doen. [Lees 1 Johannes 4:1.] Hierdie artikel verduidelik waarom dit belangrik is om ons opvattings te vergelyk met wat God se Woord sê.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 10 begin.
Ontwaak! September
Lees Matteus 5:39. Sê dan: “Dink jy dat Jesus bedoel het ons moet in stilte ly wanneer iemand ons ’n onreg aandoen? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie artikel toon wat die Bybel daaroor sê om onsself te verdedig en wetlike beskerming te verkry.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 10 begin.
Die Wagtoring 1 Oktober
“Regoor die wêreld bid mense van al die verskillende godsdienste. Dink jy dat God werklik gebede verhoor? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel spoor ons aan om te bid. [Lees Filippense 4:6, 7.] Hierdie tydskrif gee die Bybel se antwoord op sewe algemene vrae oor gebed.”
Ontwaak! Oktober
“Ons hoor dikwels van mense wat deur hulle huweliksmaat, politici en ander in die steek gelaat word. Dink jy dit word moeiliker om betroubare mense te vind? [Wag vir ’n antwoord.] Baie dink dat hierdie teks vervul word. [Lees 2 Timoteus 3:1-5.] Hierdie tydskrif verduidelik waar ons nog betroubare mense kan vind.”