Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in April Bybelstudies te begin
“Doop is iets waarmee baie Christene bekend is. Wat dink jy? Is dit belangrik om gedoop te word? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie artikel meld ’n paar interessante punte in dié verband.” Gee dan Die Wagtoring van 1 April vir die huisbewoner en bespreek die materiaal onder die eerste onderhofie op bladsy 16 en ten minste een van die tekste. Bied die tydskrifte aan en reël om terug te gaan om die volgende vraag te bespreek.
Die Wagtoring 1 April
“Mense het verskillende menings oor Jesus. Party dink dat hy die beloofde Messias was. Ander meen dat hy net ’n goeie man was. Ander glo weer dat hy nooit bestaan het nie. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel toon dat dit belangrik is om te weet wat die waarheid omtrent hom is. [Lees Johannes 17:3.] Hierdie tydskrif voorsien die Bybel se antwoorde op party van die algemene vrae oor Jesus.”
Ontwaak! April
“Ons lewer ’n openbare diens ten behoewe van gesinne. Sou jy saamstem dat gesinne vandag voor talle probleme te staan kom? [Wag vir ’n antwoord.] Let op waar baie gesinne praktiese raad gevind het. [Lees Psalm 119:105.] Hierdie tydskrif bespreek hoe stiefgesinne hulle unieke uitdagings suksesvol die hoof kon bied deur Bybelbeginsels toe te pas.”