Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/11 bl. 4
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
  • Ons Koninkryksbediening—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Wat ons oor die tydskrifte kan sê
    Ons Koninkryksbediening—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2011
km 3/11 bl. 4

Wat ons oor die tydskrifte kan sê

Die Wagtoring 1 Maart

“Mense het teenstrydige opinies oor Jesus. Beskou jy hom as God se seun of as net ’n goeie mens?” Wag vir ’n antwoord. Lees dan saam die inligting onder een van die vetgedrukte vrae op bladsye 16-17, asook een van die teksverwysings. Bied die tydskrifte aan, en reël om terug te keer om die antwoord op die volgende vraag te bespreek.

Ontwaak! Maart

As jy ’n jongmens teëkom, wys hom die artikel wat op bladsy 26 begin. Verwys na die eerste onderhofie en vra: “Wat dink jy, is hierdie stellings waar of onwaar? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan 2 Korintiërs 7:1.] Hierdie artikel bespreek wat jy van rook moet weet en ook hoe om op te hou.”

Die Wagtoring 1 April

“Baie mense het uiteenlopende menings oor Jesus. Dink jy dat dit belangrik is om te weet wat die waarheid omtrent hom is? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Johannes 17:3.] Hierdie tydskrif verduidelik wat die Bybel oor Jesus sê—waar hy vandaan gekom het, hoe hy gelewe het en waarom hy gesterf het.”

Ontwaak! April

“Sal jy saamstem dat die dood van ’n geliefde een van die pynlikste ondervindinge is wat ’n mens kan deurmaak? [Wag vir ’n antwoord.] Baie mense het hierdie raad nuttig gevind. [Lees Psalm 55:22.] Hierdie tydskrif bespreek ’n paar praktiese maniere om droefheid te verwerk, insluitende hoe om ons las op God te werp.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel