Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/12 bl. 2
  • God se woord vir ons deur Jeremia

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • God se woord vir ons deur Jeremia
  • Ons Koninkryksbediening—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • “Ek het my woorde in jou mond gelê”
    God se woord vir ons deur Jeremia
  • “Ek kan nie stilbly nie”
    God se woord vir ons deur Jeremia
  • “Jy moet vir hulle hierdie woord sê”
    God se woord vir ons deur Jeremia
  • “Ek sal die moeë siel verkwik”
    God se woord vir ons deur Jeremia
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2012
km 5/12 bl. 2

God se woord vir ons deur Jeremia

1. Watter publikasie is by die streekbyeenkoms van 2010 vrygestel, en hoe sal ons dit gebruik?

1 Hoe opgewonde was ons tog toe ’n nuwe boek met hierdie naam by die “Bly na aan Jehovah!”-streekbyeenkoms in 2010 vrygestel is! Hierdie publikasie vestig die aandag op lesse in die boeke Jeremia en Klaagliedere wat ons in ons daaglikse lewe kan toepas (Rom. 15:4). Dit is saamgestel om by die Gemeentelike Bybelstudie gebruik te word en sal vanaf die week van 5 November 2012 bespreek word.

2. Waarom kan ons baat vind by ’n bespreking van die Bybelboeke Jeremia en Klaagliedere?

2 Vandag nuttig: Jeremia, die skrywer van hierdie geïnspireerde Bybelboek, het gedurende ’n tydperk vol beroering in Juda geprofeteer. Aan die begin het hy gedink dat hy nie bekwaam is om sy toewysing uit te voer nie (Jer. 1:6). Hy is ook vervolg deur kennisse en dalk familielede uit sy tuisdorp, Anatot (Jer. 11:21, 22). Dit is te verstane dat Jeremia soms mismoedig geraak het (Jer. 20:14). Terwyl ons ons opdrag uitvoer om “dissipels van mense van al die nasies [te maak]”, het ons dikwels te kampe met uitdagings en gevoelens soortgelyk aan dié van Jeremia (Matt. 28:19). ’n Bespreking van sy geskrifte sal ons help om ons bediening met vertroue en ywer uit te voer.

3. Hoe sal ons sekere kenmerke van die Jeremia-boek gebruik?

3 Kenmerke: Sleuteltekste wat gedurende die bespreking gelees moet word, is skuins gedruk. Aan die einde van elke week se studie is daar een of twee betekenisvolle vrae in vetdruk wat die hoofgedagtes van die les beklemtoon. Hierdie vrae moet ter hersiening aan die gehoor gevra word. Deur die hele boek is daar pragtige prente waarop die gemeente ongetwyfeld sal wil kommentaar lewer.

4. Hoe kan ons ten volle baat vind by ’n bespreking van die Jeremia-boek?

4 As jy ten volle by die studie wil baat vind, moet jy jou les vooraf voorberei. Soek na gedagtes wat jy in jou lewe en bediening kan gebruik. Lewer soveel moontlik kommentaar. Met Jehovah se seën het Jeremia sy toewysing met vreugde en tevredenheid uitgevoer (Jer. 15:16). Mag ons bespreking van hierdie nuwe publikasie ons help om ons bediening op dieselfde wyse uit te voer.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel