Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in Oktober Bybelstudies te begin
“Ek is seker jy voel ook dat die lewe veels te kort is. Dink jy dat ons eendag ’n einde aan alle siektes sal kan maak en ons lewensduur sal kan verleng? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat dit hier sê.” Gee Die Wagtoring van 1 Oktober vir die huisbewoner en bespreek die materiaal onder die eerste onderhofie op bladsy 16 en die teksverwysing. Bied die tydskrifte aan, en reël om terug te gaan en die volgende vraag te bespreek.
Die Wagtoring 1 Oktober
“Ons besoek mense omdat baie besorg is oor korrupsie in die sakewêreld en in die regering. Dink jy dat enigiets omtrent hierdie probleem gedoen kan word? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat dit hier sê oor wat Jesus vir slagoffers van korrupsie sal doen. [Lees Psalm 72:12-14.] Hierdie tydskrif toon hoe korrupsie binnekort sal eindig.”
Ontwaak! Oktober
“Die meeste ouers wil hê dat hulle kinders ’n goeie opvoeding moet kry. Dink jy dat jongmense wat deesdae skool klaarmaak, goed voorbereid is om die uitdagings van die lewe die hoof te bied? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat die Bybel sê oor die belangrikheid daarvan om kennis en wysheid te verkry. [Lees Prediker 7:12.] Hierdie tydskrif gee vyf praktiese wenke om kinders te help om goed te doen op skool.”