Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/13 bl. 1
  • ‘Gee ’n deeglike getuienis’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Gee ’n deeglike getuienis’
  • Ons Koninkryksbediening—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Vasbeslote om deeglik te getuig
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Wees ywerig om ‘deeglik te getuig’
    Ons Koninkryksbediening—2003
  • Opgelei om ’n deeglike getuienis te gee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur die huis-tot-huisverslag te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1989
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2013
km 1/13 bl. 1

‘Gee ’n deeglike getuienis’

1. Watter goeie voorbeeld het die apostel Paulus in die bediening gestel?

1 “Voer jou bediening deeglik uit” (2 Tim. 4:5, Byington). Die apostel Paulus het beslis vrymoedigheid van spraak gehad toe hy Timoteus hierdie vermaning gegee het. Trouens, tussen 47 en 56 HJ het Paulus drie sendingreise voltooi. Die boek Handelinge verwys herhaaldelik na die feit dat Paulus ‘deeglik getuig’ het (Hand. 23:11; 28:23). Hoe kan ons dit vandag doen?

2. Hoe kan ons deeglik getuig wanneer ons van huis tot huis preek?

2 Van huis tot huis: As ons in aanraking wil kom met huisbewoners wat nog nooit die goeie nuus gehoor het nie, moet ons hulle dalk op ’n ander tyd van die dag besoek. Die man van die huis is moontlik in die aand of oor naweke by die huis. Ons moet probeer om met iemand by elke huis te praat en moet dus herhaaldelik teruggaan na huise waar niemand tuis is nie. Maar sê nou jou pogings om iemand by die huis te kry, misluk? ’n Brief of telefoonoproep sal dalk goeie resultate lewer.

3. Watter geleenthede het jy om in die openbaar en informeel te getuig?

3 In die openbaar en informeel: Jehovah se knegte van vandag maak “ware wysheid” bekend aan almal wat wil luister. Soms word dit “op die straat” of “op die openbare pleine” gedoen (Spr. 1:20, 21). Is ons op die uitkyk na geleenthede om ’n getuienis te gee wanneer ons met ons daaglikse bedrywighede besig is? Kan daar gesê word dat ons “intensief met die woord . . . besig” is? (Hand. 18:5). Indien wel, kom ons ons verpligting na om “’n deeglike getuienis te gee”.—Hand. 10:42; 17:17; 20:20, 21, 24.

4. Hoe dra gebed en bepeinsing daartoe by dat ons ’n deeglike getuienis gee?

4 Maar soms, weens persoonlike swakheid of omdat ons skaam is, is ons miskien huiwerig om ’n getuienis te gee. Ons kan seker wees dat Jehovah ons beperkings verstaan (Ps. 103:14). Wanneer sulke situasies ontstaan, kan ons nietemin tot hom bid vir die moed om te getuig (Hand. 4:29, 31). En wanneer ons persoonlike studie doen en oor God se Woord peins, kan ons ons daarop toelê om waardering vir die oortreffende waarde van die goeie nuus op te bou (Fil. 3:8). Dit sal ons beweeg om die goeie nuus ywerig te verkondig!

5. Hoe kan ons ’n aandeel hê aan die vervulling van Joël se profesie?

5 Joël se profesie het voorspel dat God se volk voor die koms van die groot en vreesinboesemende dag van Jehovah, sou ‘bly gaan’ en nie sou toelaat dat enigiets hulle daarvan weerhou om te preek nie (Joël 2:2, 7-9). Laat ons ’n volle aandeel hê aan hierdie getuieniswerk wat nooit weer gedoen sal word nie!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel