Die kampanje om die Gedenkmaal te adverteer, begin op 1 Maart
1. Wanneer sal ons begin om die Gedenkmaal te adverteer, en waarom is die kampanje vanjaar langer?
1 Ons sal op Vrydag 1 Maart begin met ons jaarlikse kampanje om ander te nooi om die Gedenkmaal saam met ons by te woon. Die Gedenkmaal sal op 26 Maart gehou word, wat beteken dat die kampanje ’n bietjie langer sal wees as in vorige jare. Dit sal meer mense die geleentheid bied om ’n uitnodiging te ontvang, veral as hulle in ’n omgewing woon waar die gemeente baie gebied het.
2. Watter reëlings sal getref word om uitnodigings te kry en die gebied te dek?
2 Reëlings wat getref moet word: Die ouer manne sal riglyne gee oor hoe die gebied gedek sal word, onder andere of die uitnodigings by huise gelaat moet word waar niemand tuis is nie. As daar uitnodigings oor is nadat julle met die huis-tot-huis-gebied klaar is, kan dit in die openbare getuieniswerk versprei word. Die diensopsiener sal seker maak dat ’n voorraad uitnodigings wat etikette op het, op die lektuur- of tydskriftoonbank gesit word sodat die verkondigers daarvan kan neem, maar nie al die uitnodigings sal op een slag daar gesit word nie. Ons moet net soveel neem as wat ons vir ’n week nodig sal hê.
3. Wat moet ons in gedagte hou wanneer ons die uitnodiging aanbied?
3 Wat sal ons sê? Dit is die beste om ’n kort aanbieding te hê, want dan sal ons soveel mense moontlik kan bereik. Op bladsy 4 is daar ’n voorgestelde aanbieding wat ons kan aanpas vir ons gebied. Ons hoef natuurlik nie haastig te wees as die huisbewoner vriendelik is of vrae het nie. Wanneer ons gedurende die naweke die uitnodigings versprei, moet ons die tydskrifte ook aanbied as dit gepas is. Ons spesiale Tydskrifdag is 2 Maart, en daarom sal ons ons eerder daarop toespits om tydskrifte saam met die uitnodigings te versprei as om Bybelstudies te begin soos gewoonlik op die eerste Saterdag van die maand.
4. Waarom moet ons ywerig aan die kampanje deelneem?
4 Ons hoop dat baie die Gedenkmaal saam met ons sal bywoon. Die toespraak sal verduidelik wie Jesus werklik is (1 Kor. 11:26). Dit sal ’n oorsig gee van hoe sy dood ons help (Rom. 6:23). En dit sal beklemtoon waarom dit belangrik is dat ons aan hom dink (Joh. 17:3). Laat ons ywerig aan die kampanje deelneem!