Die kampanje om die Gedenkmaal te adverteer, begin op 17 Maart
1. Watter kampanje sal op 17 Maart begin?
1 Die jaarlikse Gedenkmaal verkondig die dood van Jesus (1 Kor. 11:26). Daarom wil ons hê dat ander dit saam met ons moet bywoon en moet hoor van Jehovah se liefdevolle gawe van die losprys (Joh. 3:16). Vanjaar sal ons kampanje om mense na die Gedenkmaal te nooi, op Saterdag 17 Maart begin. Sien jy daarna uit om ’n betekenisvolle aandeel daaraan te hê?
2. Hoe kan ons die uitnodiging aanbied?
2 Wat ons kan sê: Dit is die beste om ’n kort aanbieding te hê. Ons kan sê: “Hallo. Ons is hier om jou gesin hierdie uitnodiging na ’n belangrike jaarlikse herdenking te gee wat op 5 April regoor die wêreld gehou sal word. ’n Gratis Bybeltoespraak sal gelewer word wat verduidelik wat Jesus se dood tot stand gebring het en wat hy nou doen. Hierdie uitnodiging dui aan waar en wanneer die vergadering in ons omgewing gehou sal word.” Wanneer ons gedurende die naweke aan die kampanje deelneem, moet ons ook die tydskrifte aanbied wanneer dit gepas is.
3. Hoe kan ons soveel mense as moontlik nooi?
3 Nooi soveel as moontlik: Ons doel is om soveel mense as moontlik te nooi. Maak dus seker dat jy jou Bybelstudente, herbesoeke, familielede, werksmaats, skoolmaats, bure en ander kennisse nooi. Die plaaslike ouer manne sal riglyne voorsien oor hoe om julle gebied te dek. Ons jaarlikse kampanje om mense na die Gedenkmaal te nooi, lewer goeie resultate. Toe ’n vrou verlede jaar by ’n vergaderingplek ingestap het, het ’n saalwagter aangebied om die verkondiger wat haar genooi het, te vind. Maar die vrou het gesê dat sy niemand daar geken het nie en dat sy haar uitnodiging ontvang het by iemand wat vroeër die dag van huis tot huis gegaan het.
4. Watter redes is daar om ’n ywerige deelname aan die kampanje te hê?
4 Miskien sal iemand julle Gedenkmaal bywoon weens ’n uitnodiging wat jy versprei het. Hetsy iemand reageer of nie, jou pligsgetroue pogings sal nog steeds ’n getuienis lewer. Die uitnodigings wat jy versprei, sal aankondig dat Jesus nou ’n magtige Koning is. Jou ywerige deelname sal dit duidelik maak vir alle waarnemers—dié in die gebied, mede-verkondigers en die belangrikste van almal, Jehovah—dat jy die gawe van die losprys grootliks waardeer.—Kol. 3:15.