Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/13 bl. 8
  • Voorgestelde aanbiedings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Voorgestelde aanbiedings
  • Ons Koninkryksbediening—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2014
  • Voorgestelde aanbiedings
    Ons Koninkryksbediening—2012
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2013
km 6/13 bl. 8

Voorgestelde aanbiedings

Om op die eerste Saterdag in Julie Bybelstudies te begin

“Amper almal in ons gemeenskap wil ’n lang, gelukkige lewe hê. Ons wil graag jou mening vra: Dink jy dat die wetenskap en geneeskunde dit eendag vir ons moontlik sal maak om vir ewig te lewe? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk wat dit hier sê.” Wys dan vir die persoon die agterblad van Die Wagtoring van 1 Julie en bespreek die materiaal onder die eerste vraag en ten minste een van die teksverwysings. Bied die tydskrifte aan en reël om terug te gaan en die volgende vraag te bespreek.

Let wel: Hierdie aanbieding moet op 6 Julie by die velddiensreëling gedemonstreer word.

Die Wagtoring 1 Julie

“Baie mense met wie ons praat, het hulle eie godsdiens. Maar ander sê dat hulle glad nie meer vertroue het in godsdiens nie. Wat dink jy van godsdiens? [Wag vir ’n antwoord.] Jesus het ’n standaard gestel waaraan ons godsdiens kan meet. [Lees Lukas 6:44a.] Hierdie tydskrif bespreek party van die slegte vrugte wat godsdiens voortgebring het. Dit beantwoord ook die vraag: Verdien enige godsdiens ons vertroue?”

Ontwaak! Julie

“Ons besoek ons bure om oor ’n ernstige probleem te praat—ongeregtigheid. Sommige mense probeer ongeregtigheid beveg deur protesaksie. Dink jy dat mense wat aan protesaksies deelneem dit regkry om veranderinge te weeg te bring? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat die Bybel sê ware verandering op die aarde te weeg sal bring. [Lees Matteus 6:9, 10.] Hierdie tydskrif beantwoord die vraag: Is protes die antwoord?”

Goeie nuus wat van God kom!

“Ons besoek ons bure om oor ’n bemoedigende gedagte uit die Bybel te praat. Baie mense met wie ons al gepraat het, wonder waarom ’n liefdevolle God soveel lyding in die wêreld toelaat. Dink jy dat lyding deel van God se oorspronklik voorneme vir die aarde was?” Wag vir ’n antwoord. Blaai dan na Les 5, en lees en bespreek die eerste twee paragrawe en die tekste in kursief. Bied die brosjure aan en tref reëlings om terug te gaan en die volgende vraag in vetdruk te bespreek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel