Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in Julie Bybelstudies te begin
“Baie mense het al hierdie woorde uit die Onse Vader herhaal: ‘Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.’ Wat dink jy is hierdie Koninkryk? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie Bybelvers gee ons ’n leidraad.” Lees Daniël 2:44. Gee die huisbewoner dan ’n eksemplaar van Die Wagtoring van 1 Julie en lees en bespreek die materiaal onder die eerste onderhofie op bladsy 16 saam. Bied die tydskrifte aan en reël om terug te gaan en die antwoord op die volgende vraag te bespreek.
Die Wagtoring 1 Julie
“Omdat die lewe kort en vol probleme is, wonder baie mense oor die sin van die lewe. Het jy al ooit hieroor gedink? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel belowe dat die lewe nie altyd so sal wees nie. [Lees Openbaring 21:4.] Hierdie tydskrif bespreek God se voorneme met die aarde en noem ’n paar dinge wat ons kan doen om nou reeds ware sin in die lewe te vind.”
Ontwaak! Julie
Meld ’n tragedie wat in die nuus is. Sê dan: “Waarom dink jy laat God toe dat sulke dinge gebeur? [Wag vir ’n antwoord.] Volgens die Bybel het God medelye met diegene wat ly. [Lees Eksodus 3:7.] Die Bybel sê ook vir ons waarom God lyding toelaat en dat hy binnekort ’n einde daaraan sal maak. Hierdie tydskrif verduidelik dit.”