Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in Julie Bybelstudies te begin
“Mense het in onlangse jare al hoe meer in engele begin belangstel. Dink jy dat engele werklik bestaan? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat dit hier sê.” Gee Die Wagtoring van 1 Julie vir die huisbewoner en kyk saam na die materiaal onder die eerste onderhofie op bladsy 16 en ten minste een van die tekste. Bied die tydskrifte aan, en reël om terug te gaan om die volgende vraag te bespreek.
Die Wagtoring 1 Julie
Lees Psalm 65:2. Sê dan: “Baie mense stem saam dat God die ‘Hoorder van gebed’ is en hulle bid elke dag. Maar ander wonder: ‘As God bestaan, waarom is daar dan soveel probleme in die wêreld?’ Wat dink jy? Is daar ’n God wat na ons gebede luister? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif bespreek die Bybel se antwoord op die vraag: ‘Waarom laat die Hoorder van gebed lyding toe?’”
Ontwaak! Julie
“Sê nou jy kon een ding omtrent ons wêreld verander, wat sou dit wees? [Wag vir ’n antwoord.] Die Bybel toon waarom mense beperk is in wat hulle kan doen. [Lees Jeremia 10:23.] Hierdie tydskrif verduidelik watter veranderinge God sal teweegbring.”