Wat sal jy op vakansiedae doen?
Omdat baie mense gedurende godsdienstige en nasionale vakansiedae by die huis is, is dit dikwels vir ons ’n goeie tyd om aan die bediening deel te neem. Gemeentes word aangespoor om spesiale reëlings vir getuieniswerk op vakansiedae te tref. As baie in die gebied ’n bietjie later as gewoonlik sal slaap, sal dit goed wees om die tyd vir die velddiensvergadering aan te pas. ’n Aankondiging kan gedurende die Diensvergadering gemaak word om die gemeente in te lig oor enige spesiale reëlings vir getuieniswerk op vakansiedae en om almal wat kan, aan te spoor om daaraan deel te neem. Vakansiedae bied ons natuurlik ook die geleentheid om te rus of om na persoonlike sake om te sien. Maar jy kan gerus ’n deel van die dag vir die bediening opsysit. Dan sal jy die verkwikking geniet wat deelname aan heilige diens meebring.—Matt. 11:29, 30.