Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/14 bl. 7
  • Nuwe liedere vir aanbidding!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nuwe liedere vir aanbidding!
  • Ons Koninkryksbediening—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • Sing met vreugde tot eer van Jehovah
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2018
  • Sing vir Jehovah!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Studiewenk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Koninkryksliedere spoor ons aan
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2014
km 12/14 bl. 7

Nuwe liedere vir aanbidding!

1 By die mees onlangse jaarvergadering van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië, wat op 4 Oktober 2014 gehou is, is planne aangekondig om ons huidige liedereboek te hersien. Dit was waarlik opwindende nuus! Almal wat die program bygewoon het, is herinner aan die belangrike rol wat ons Koninkryksliedere in ons aanbidding speel.—Ps. 96:2.

2 Jy wonder dalk: ‘Waarom is dit nodig om die liedereboek te hersien?’ Daar is etlike redes. Eerstens, ons begrip van die Bybel word voortdurend verfyn, en dit kan die lirieke van ons liedere beïnvloed (Spr. 4:18). Tweedens, baie van die uitdrukkings en frases wat in die huidige Engelse liedereboek gebruik word, het uit die vorige uitgawe van die Engelse Nuwe Wêreld-vertaling gekom. Hierdie lirieke moet nou aangepas word om met die bewoording van die hersiene uitgawe ooreen te stem. Aangesien dit reeds baie werk gaan verg om die lirieke by te werk, is daar besluit om ’n paar nuwe liedere in die boek by te voeg.

3 Sal ons moet wag vir ’n nuwe liedereboek om gedruk te word voordat ons die nuwe liedere kan sing? Nee. Ons is bly om julle in kennis te stel dat ’n aantal nuwe liedere oor die volgende paar maande op ons webwerf, jw.org/af, vrygestel gaan word. Wanneer ’n nuwe lied vrygestel word, sal dit gesing word aan die einde van ’n Diensvergadering en sal daar aangedui word dat dit ’n nuwe lied is.

4 Hoe om die nuwe liedere te leer: Dit kan ’n uitdaging wees om ’n nuwe lied te leer. Maar soos die psalmis, wil ons by gemeentelike vergaderinge uit volle bors sing en “nie stilbly nie” (Ps. 30:12). Volg hierdie eenvoudige stappe as jy ’n nuwe lied wil leer.

  • Luister herhaaldelik na die klavieropname van die lied, wat op ons webwerf beskikbaar gestel sal word. Hoe meer jy na die wysie luister, hoe makliker sal dit vir jou wees om dit te onthou.

  • Leer die woorde, en probeer om dit te memoriseer.

  • Sing die liedjie totdat jy dit ken.

  • Oefen die nuwe liedere ’n paar keer gedurende julle aand vir Gesinsaanbidding totdat julle dit onder die knie kry.

5 Wanneer ons die Diensvergadering in die maande wat voorlê, met ’n nuwe lied afsluit, sal die gemeente een keer na die klavieropname luister. Dan sal die gemeente die lied sing terwyl hulle deur die klavieropname begelei word, soos ons met die ander liedere doen.

6 Wanneer ons by ons vergaderinge sing, ondervind ons die vreugde om ons stemme te verenig om Jehovah te loof. Daarom moet ons nie in die gewoonte kom om ons sitplek onnodig te verlaat wanneer ons ’n lied by ons Christelike vergaderinge gaan sing nie.

7 Daar is nog ’n manier waarop ons die gepaste waardering vir ons heilige musiek kan toon. By byeenkomste en streekbyeenkomste word elke sessie deur ’n musiektussenspel ingelei. Twee keer per jaar reis toegewyde broers en susters van regoor die wêreld op hulle eie onkoste na Patterson, New York, om pragtige musiek op te neem wat in ons aanbidding gebruik word. Wanneer die voorsitter ons dus nooi om ons sitplek in te neem en na die musiek van hierdie orkes te luister, moet ons dit doen. Dit sal ons help om ons hart voor te berei vir die inligting wat gaan volg.—Esra 7:10.

8 Vandag sal ons ons vergadering afsluit deur die nuwe lied te sing met die titel “Die Koninkryk regeer—Laat dit kom!” Hierdie lied, wat by die onlangse jaarvergadering vrygestel is, is spesiaal geskryf vir die 100ste herdenking van die geboorte van die Koninkryk.

9 Die nuwe liedere is beslis “goeie dinge” van Jehovah (Matt. 12:35a). Laat ons vasbeslote wees om hierdie nuwe liedere te leer en uit ons hart te sing en sodoende die gepaste lof en eer aan ons God te gee!—Ps. 147:1.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel