Verbeter jou vaardighede in die bediening—Getuieniswerk in sakegebied
Waarom dit belangrik is: Aangesien baie mense lang ure werk, is dit dikwels die beste om hulle by hulle werksplek met die Koninkryksboodskap te bereik. Getuieniswerk in sakegebied kan baie lekker en produktief wees, want daar is geen nietuise nie, en werkers is gewoonlik vriendelik met mense wat hulle as potensiële kliënte beskou. As verkondigers doeltreffend wil wees, moet hulle goeie oordeel aan die dag lê en voorbeeldig wees wat hulle kleredrag en persoonsversorging betref (2 Kor. 6:3). Die diensopsiener moet dus goed toesig hou oor hoe dikwels hulle sakegebied gedek word en deur wie dit gedek word.
Wenk vir die maand:
Oefen tydens julle volgende aand vir Gesinsaanbidding ’n kort aanbieding wat julle kan gebruik as julle in sakegebied getuig.