SKATTE UIT GOD SE WOORD | JOB 1-5
Job het sy onkreukbaarheid gehandhaaf ondanks beproewing
Job het in Us gewoon toe die Israeliete slawe in Egipte was. Hoewel hy nie ’n Israeliet was nie, was Job ’n lojale aanbidder van Jehovah. Hy het ’n groot familie en baie geld gehad en was ’n vooraanstaande man in sy gemeenskap. Hy was ’n gerespekteerde raadgewer en onpartydige regter. Hy was vrygewig teenoor die armes en behoeftiges. Job was ’n man van onkreukbaarheid.
Job het duidelik getoon dat Jehovah die belangrikste Persoon in sy lewe is
Satan het Job se onkreukbaarheid opgemerk. Hy het nie Job se gehoorsaamheid aan Jehovah bevraagteken nie, maar wel sy beweegredes
Satan het beweer dat Job Jehovah om selfsugtige redes dien
Om ’n antwoord op Satan se aantyging te voorsien, het Jehovah toegelaat dat Satan hierdie getroue man aanval. Satan het allerhande tragedies oor Job gebring wat elke aspek van sy lewe geraak het
Toe Job sy onkreukbaarheid gehandhaaf het, het Satan die onkreukbaarheid van alle mense bevraagteken
Job het nie gesondig of God van enigiets verkeerds beskuldig nie