Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb16 November bl. 3
  • Die Bybel beskryf ’n bekwame vrou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Bybel beskryf ’n bekwame vrou
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Moeder se wyse raad
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • “Haar eienaar is iemand wat bekend is in die poorte”
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Toon liefde en respek as vrou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • “Rooi goud” uit die Middellandse See
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
mwb16 November bl. 3

SKATTE UIT GOD SE WOORD | SPREUKE 27–31

Die Bybel beskryf ’n bekwame vrou

Spreuke hoofstuk 31 bevat ’n belangrike boodskap aan koning Lemuel van sy ma af. Haar wyse raad het hom geleer na watter eienskappe hy in ’n bekwame vrou moet soek.

’n Bekwame vrou is betroubaar

’n Vrou in Bybeltye gee vir haar gesin kos

31:10-12

  • Sy maak goeie voorstelle wanneer dit by gesinsbesluite kom, maar sy bly onderdanig

  • Haar man vertrou haar om wyse besluite te neem, en hy dring nie daarop aan dat sy eers sy toestemming oor alles moet vra nie

’n Bekwame vrou is hardwerkend

’n Vrou in Bybeltye maal graan

31:13-27

  • Sy leer om spaarsamig te wees en beskeie te lewe sodat haar gesin netjies kan aantrek en goed gevoed kan wees

  • Sy werk hard en sorg dag en nag vir haar gesin

’n Bekwame vrou is geestelik

’n Vrou bid

31:30

  • Sy vrees God en het ’n persoonlike verhouding met hom

HET JY GEWEET?

Rooi koraal was baie waardevol in Bybeltye. Dit was mooi, skaars en moeilik om in die hande te kry. Dit word in die Middellandse See en die Rooisee gevind, en dit was ’n belangrike handelsproduk.

Rooi koraal

Die Bybel toon die waarde van koraal deur op ’n soortgelyke manier daarna te verwys as wat dit na goud, silwer en saffier verwys.

God se Woord sê dat ’n bekwame vrou se waarde “baie meer [is] as dié van korale”.—Spr 31:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel