Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb17 April bl. 2
  • Laat hulle welkom voel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Laat hulle welkom voel
  • Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
  • Soortgelyke materiaal
  • Laat hulle welkom voel by die Gedenkmaal
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • ’n Kragtige getuienis sal gegee word
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Help almal wat reeds belangstelling getoon het
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Verwelkom ons gaste
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2017
mwb17 April bl. 2

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Laat hulle welkom voel

Wie moet welkom voel? Enigiemand wat ons Christelike vergaderinge bywoon—of dit nou nuwelinge of ou vriende is (Ro 15:7; Heb 13:2). Dit kan ’n besoekende Getuie van ’n ander land wees of ’n onbedrywige Christen wat vir die eerste keer in jare die vergadering bywoon. Dink net hoe jy sou voel as dit jy was. Sou jy dit nie waardeer as jy vriendelik verwelkom word nie? (Mt 7:12). Kan jy meer moeite doen om in die Koninkryksaal rond te beweeg en met ander voor en ná die vergadering te gesels? Dit dra by tot ’n vriendelike en liefdevolle atmosfeer en strek Jehovah tot eer (Mt 5:16). Jy sal dalk nie by almal kan uitkom nie. Maar as ons elkeen ons deel bydra, sal almal welkom voel.a

Ware gasvryheid word nie net by die Gedenkmaal of ander spesiale geleenthede betoon nie, maar te alle tye. Wanneer nuwelinge Christelike liefde sien en ervaar, sal dit hulle moontlik beweeg om God te prys en hom saam met ons te aanbid.—Joh 13:35.

a Bybelbeginsels laat ons nie toe om vryelik te assosieer met uitgesette of gedissosieerde persone wat vergaderinge bywoon nie.—1Ko 5:11; 2Jo 10.

’n Broer verwelkom nuwelinge by die Koninkryksaal

HOE KAN JY ’N NUWELING HELP?

  • Stel jouself aan hom voor en vind uit wat sy naam is

  • Nooi hom om by jou te sit

  • Deel jou Bybel en liedereboek met hom

  • Beantwoord ná die vergadering enige vrae

  • As dit gepas is, bied ’n Bybelstudie aan

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel