DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Liefde identifiseer ware Christene — Ons moet ons kosbare eenheid beskerm
HOEKOM DIT BELANGRIK IS: Die aand voor Jesus se dood het hy gebid dat sy dissipels “volkome een gemaak kan word”, of eensgesind moet wees (Joh 17:23). As ons hierdie eenheid wil behou, moet ons liefde betoon, en liefde “hou nie boek van die kwaad nie.” — 1Kor 13:5.
HOE OM DIT TE DOEN:
Wees soos Jehovah en soek na die goeie in ander
Vergewe vryelik
Wanneer ’n probleem opgelos is, moet ons nie ou koeie uit die sloot grawe nie. — Spr 17:9
KYK NA DIE VIDEO ‘JULLE MOET LIEFDE ONDER MEKAAR HÊ’ — MOENIE BOEKHOU VAN DIE KWAAD NIE, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:
Hoe het Helen in die eerste deel van die video gewys dat sy ‘boekhou van die kwaad’?
Hoe het Helen in die tweede deel van die video ontslae geraak van haar negatiewe gedagtes en positief begin dink?
Hoe het Helen op die ou end bygedra tot die eenheid van die gemeente?
Wie is die een wat die seerste kry as ons boekhou van die kwaad?