Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb19 Januarie bl. 7
  • ‘Paulus het God gedank en moed geskep’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Paulus het God gedank en moed geskep’
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Soortgelyke materiaal
  • Wedersydse aanmoediging vir almal
    Ons Koninkryksbediening—2007
  • Ondersteun die kringopsiener se besoek
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Hulle werk hard om ons te dien
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2023
  • Reisende opsieners—medewerkers in die waarheid
    Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
mwb19 Januarie bl. 7
Paulus bedank God vir die broers wat gereis het om hom te ontmoet

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

‘Paulus het God gedank en moed geskep’

Toe die gemeente in Rome hoor dat Paulus op pad is, het ’n paar broers omtrent 64 kilometer gereis om hom te gaan ontmoet. Watter uitwerking het hulle onselfsugtige liefde op Paulus gehad? “Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep” (Han 28:15). Paulus was daarvoor bekend dat hy die gemeentes wat hy besoek het, opgebou het. Maar hierdie keer, terwyl hy ’n gevangene was, was hy die een wat deur ander aangemoedig is. – 2Kor 13:10.

Vandag besoek kringopsieners die een gemeente na die ander om die broers en susters op te bou. Maar net soos God se ander knegte voel hulle ook partykeer moeg, bekommerd en mismoedig. Wat kan jy doen wanneer die kringopsiener en sy vrou weer na julle gemeente toe kom om hulle te help om moed te skep sodat daar “wedersydse aanmoediging” kan wees? – Ro 1:11, 12.

  • ’n Kringopsiener hou ’n velddiensvergadering

    Ondersteun die velddiensvergaderinge. Wanneer verkondigers opofferings maak om die voordele van die spesiale week van aktiwiteit te geniet, is dit ’n groot aanmoediging vir die kringopsiener (1Te 1:2, 3; 2:20). Dink daaraan om hulppionierdiens te doen tydens die maand van sy besoek. Kan jy saam met hom en sy vrou velddiens doen of een van hulle saam met jou na jou Bybelstudie neem? Hulle geniet dit om saam met verskillende verkondigers te werk. Dit sluit nuwelinge in en dié wat nog nie so baie ervaring in die bediening het nie.

  • ’n Gesin is gasvry teenoor die kringopsiener en sy vrou

    Wees gasvry. Kan hulle dalk by jou kom bly of by jou kom eet? Dit sal vir die kringopsiener en sy vrou wys dat jy vir hulle lief is. Hulle is tevrede met wat die broers vir hulle kan gee, en verwag nie iets duurs nie. – Lu 10:38-42.

  • ’n Kringopsiener hou ’n vergadering vir ouer manne

    Luister na sy raad en pas dit toe. Die kringopsiener help ons liefdevol om te sien hoe ons Jehovah beter kan dien. Partykeer moet hy ons dalk ernstig raad gee (1Kor 5:1-5). Dit maak hom baie bly wanneer ons gehoorsaam en onderdanig is. – Heb 13:17.

  • Lede van die gemeente wys vir die kringopsiener en sy vrou hoe dankbaar hulle is

    Wys dat jy dankbaar is. Sê vir die kringopsiener en sy vrou watter goeie uitwerking hulle harde werk op jou gehad het. Jy kan dit vir hulle sê terwyl hulle by jou is of deur vir hulle ’n briefie of kaartjie te gee. – Kol 3:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel