SKATTE UIT GOD SE WOORD | 2 KORINTIËRS 7-10
Ons bediening vir die heiliges
Christene se bediening bestaan uit twee dele – “die bediening van die versoening”, of ons predikings- en onderrigtingswerk, en die ‘bediening vir die heiliges’, of ons noodlenigingsbediening, om medegelowiges te help (2Kor 5:18-20; 8:4). Daarom is dit ’n deel van ons heilige diens om behoeftige Christene te help. As ons daaraan deelneem,
voorsien ons goed in die behoeftes van ons broers en susters. – 2Kor 9:12a
help ons geteisterdes om weer in hulle geestelike roetine te kom, en dit sluit in dat hulle aan die predikingswerk deelneem as ’n manier om vir Jehovah te wys dat hulle dankbaar is. – 2Kor 9:12b
verheerlik ons Jehovah (2Kor 9:13). Die noodlenigingswerk is ’n getuienis vir almal, ook vir dié wat ’n negatiewe beskouing van Jehovah se Getuies het